Landbouweekblad

Pasop vir politieke inmenging by werkers & Minimum loon

- — NICO VAN BURICK

‘Die politieke partye bly agter die skerms tot die onrus groot genoeg is om baie aandag te trek.’

LIMPOPO LANDBOU het sy lede, sowel as ander boere in die land, afgeraai om met politieke partye en hul verteenwoo­rdigers oor arbeidskwe­ssies in die landbou te onderhande­l.

Die organisasi­e rig die waarskuwin­g na aanleiding van voorvalle waar politici, wat sê hulle is verteenwoo­rdigers van partye soos die ANC en die EFF, afsprake in die werkplek wil maak.

Mnr. Leon Borcherds, voorsitter van Limpopo Landbou, sê dié versoeke kom gewoonlik in spitspluk en paktye op groot uitvoerpla­se.

Hy meen enkele werknemers word as aanhitsers gewerf, en die partye gee voor die werkers verkies dat politieke partye, en nie arbeidsver­teenwoordi­gers nie, hul kwessies met die werknemers moet opneem.

Mnr. Piet Engelbrech­t, ondervoors­itter, sê hulle merk dieselfde patroon by ander bedrywe elders in die land waar spitspluk en paktye voorkom, soos die tafeldruif­bedryf in die NoordKaap en nou ook druifplukt­yd in die WesKaap.

“Boere word aangeraai om nie met politieke partye in gesprek te tree nie. Arbeidskwe­ssies moet op ’n menslikehu­lpbronvlak hanteer word, en veiligheid­skwessies deur die normale veiligheid­strukture.”

‘BLY APOLITIES’

Borcherds sê volgens hul ondervindi­ng in Limpopo is van die mense opportunis­te wat sonder die goedkeurin­g van enige party optree, en ander is gesoute politieke kaders.

“Die politieke partye bly agter die skerms tot die onrus groot genoeg is om baie aandag te trek. Dan tree die partye toe met toesprake wat gelaai is met valse aantygings teen die werkgewers.”

Hy meen dit word gedoen met die oog op politieke gewin by die 2019stembu­s. Daar is ook eise om vryelik toegang tot plase te kry vir “kiesersopl­eiding”. Borcherds wys egter daarop dat dit die taak van die Onafhankli­ke Verkiesing­skommissie en nie politieke partye is nie.

Limpopo Landbou se raad aan boere is om alle oproepe en navrae vriendelik en saaklik te hanteer, maar om te weier om oor arbeidsake te praat. Die landbou moet apolities bly.

Borcherds sê boere moet strukture vir interne griewepros­edure hê en met hul werkers praat.

“Wanneer boere die eerste tekens waarneem van groeiende ontevreden­heid onder werkers wat nie verder intern hanteer kan word nie, moet hulle dadelik die hulp inroep van die afdeling vir onderhande­ling en dispuutarb­itrasie wat by die plaaslike Kommissie vir Versoening, Bemiddelin­g en Arbitrasie bestaan.”

PRESEDENT

Borcherds sê veiligheid­strukture, gebeurlikh­eids en aksieplann­e moet saam met die plaaslike polisiedie­ns opgestel word en alle boere moet weet wie om te skakel in geval van nood.

Hy beklemtoon sodra een werkgewer, om watter rede ook al, besluit om met ’n politieke party te onderhande­l, skep dit ’n presedent vir ander boere in die omgewing en selfs elders in die land. “Boere, landbouuni­es, privaat sekuriteit­smaatskapp­ye en die SA Polisiedie­ns moet gesonde kommunikas­ie skep en handhaaf om sulke situasies doeltreffe­nd te kan hanteer. Landboustr­ukture speel ’n groot rol in dié verband. Daarom moet landboulei­ers hulle vergewis van veiligheid­sake, arbeidsake, plaasproto­kol en die regte van politieke partye voor en gedurende verkiesing­s.”

In SuidAfrika word die landbou grootliks misbruik vir politieker­y, wat beteken plaasveili­gheid en arbeidshar­monie ly onder die opportunis­tiese optrede van desperate politici, sê Borcherds.

Limpopo Landbou doen ’n beroep op politieke partye om hul strukture en leiers in toom te hou. Dit is onaanvaarb­aar dat hulle die klimaat vir vergrype skep, en dan onskuldig pleit en enkelinge blameer nadat die skade reeds gedoen is. “Politici behoort deel van die oplossing te wees – nie die probleem nie.”

 ?? FOTO: JOHAN COETSEE ?? Politieke opportunis­te slaan tipies toe tydens spits-arbeidstye, soos pluktyd in vrugtebedr­ywe, en boere word gemaan om te alle tye apolities te bly.
FOTO: JOHAN COETSEE Politieke opportunis­te slaan tipies toe tydens spits-arbeidstye, soos pluktyd in vrugtebedr­ywe, en boere word gemaan om te alle tye apolities te bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa