Skou: Windhoek: Spoggerige beeste
Sowat 60 telers het 900 beeste van 13 rasse vir die jaarlikse Windhoekskou ingeskryf, een van die grootstes in Suider-Afrika.
OPPERSTE KAMPIOENE:
1 Goue bekerwenner ,’n Charolaiskoei: Silversand Bonnie MS10/01. Sy was ook die opperste kampioeninterraskoei en in haar ras die senior en grootkampioenkoei en bes geteelde Namibiese koei. Eienaar: Mnr. Marco Seefeldt (sel +264 81 269 5802), Silversandstoetery, Seeis. Hanteerder: Mnr. Hangula Ekoya.
2 Opperste kampioenbul ,’n Simmentaler: TG12/22 Günzel Wally. In sy ras was hy ook die senior en grootkampioenbul. Eienaars: Mnr. Kaspar (sel +264 81 129 0273) en mev. Stephanie Günzel, Günzel-stoetery, Grootfontein. Hanteerder: Mnr. Raphael Siwogebi.
RASKAMPIOENE: CHAROLAIS
3 Senior en grootkampioenbul en bes geteelde Namibiese bul: Gundor JOS13/10. Eienaar: Mnr. Marco Seefeldt (naaslinks, sel +264 81 269 5802), Silversandstoetery, Seeis. Hanteerder: Mnr. Johannes Shaningika. Ook op die foto is sy ouers, Bernd en Rita en sy seun, Max Seefeldt.
SIMBRA:
4 Senior en grootkampioenbul: Rumba Hibertus HB10/98C. Eienaars: Mnr. Hardus (sel 00264 81 245 6624) en mev. Ansie Breedt, Rumba-stoetery, Maroelaboom. Hanteerder: Mnr. Vendelinus Homotenya.
5 Senior en
grootkampioenkoei: Rumba Hemie HB12/7C. Eienaars: Mnr. Hardus en mev. Ansie Breedt, Rumba-stoetery, Maroelaboom. Hanteerder: Mnr. Vendelinus Homotenya. 6 Reserwe senior kampioenbul: Kamab Ahlee DM10/367. Eienaar: Metzgerfamilie (mnr. Diethelm Metzger, sel 00264 81 128 9017), Kamabstoetery, Seeis. Hanteerder: Mnr. Simon Mandume. Hulle het ook die junior en reserwe grootkampioen vroulike dier, Kamab Girly DM16/184, vertoon.
7 Junior en reserwegrootkampioen-bul: RUB15/16C. Eienaar: Mnr. Thorsten Scholz (sel +264 81 277 6494), Evergreen-boerdery, Kalkveld. Hanteerder: Mnr. Matias Kudumo.
ANGUS
8 Senior en grootkampioenkoei: Silversand Chelly MS15/13. Eienaar: Mnr. Marco Seefeldt (sel +264 81 269 5802), Silversandstoetery, Seeis. Hanteerder: Mnr. Johannes Shaningika. 9 Senior en grootkampioenbul: Silversand Jydon MS15/11. Eienaar: Mnr. Marco Seefeldt (sel +264 81 269 5802), Silversandstoetery, Seeis. Hanteerder: Mnr. Johannes Shaningika.
DEXTER
10 Senior en grootkampioenkoei: Dané Lala DDS10/1. Eienaar: Mnr. Danie (sel +264 81 255 7554) en mev. Carina Jansen van Vuuren, Dané-stoetery, Outjo. Danie en sy dogter, Dané, staan by die koei. 11 Junior en grootkampioenbul: Dané Maestro DDS17/4. Eienaar: Mnr. Danie en mev. Carina Jansen van Vuuren, Dané-stoetery, Outjo. Die egpaar vertoon die bul.
SUSSEX
12 Senior en grootkampioenkoei: St Blaize SSS12/134. Eienaar: Mnr. Kobus van der Merwe (sel +264 81 272 3540), St. Blaizestoetery, Gobabis. Hanteerder: Mnr. Moses Hoxobeb. 13 Senior en grootkampioenbul, St Blaize JRE14/68. Eienaar: Mnr. Kobus van der Merwe, St. Blaizestoetery, Gobabis. Hanteerder: Mnr. Willie Ipinge.
SANTA GERTRUDIS
14 Senior en grootkampioenbul: Shorty FH15/10. Eienaar: Mnr. Mbakumua Hengari (sel +264 81 122 5486), Ozondjen-stoetery, Gobabis. Hanteerder: Mnr. Sithole Korupanda.
15 Kampioenverskalf en grootkampioen vroulike dier: Vroutjie FH17/32. Eienaar: Mnr. Mbakumua Hengari, Ozondjenstoetery, Gobabis. Hanteerder: Mnr. Kevin Hirokoherua.
16 Kampioenslagos op die hoef: ’n Limousin-Brahmankruising. Eienaar: Mnre. Gunnar en Siggi (links, sel +264 81 170 0181), Omateva-boerdery, Omitara. Hanteerder: Mnr. Alfred Horaeb. Hulle het ook die reserwekampioen vertoon.