Landbouweekblad

Wynbrokkie­s

GILDE GROEI MET TWEE TALENTVOLL­E WYNMAKERS

-

Die Kaapse Wynmakersg­ilde het onlangs twee nuwe lede in sy midde verwelkom. Mnr. JD Pretorius, wat die afgelope tien jaar verbonde is aan Steenberg Vineyards in Constantia, en me. Samantha O’Keefe, eienaar en wynmaker by die Lismore-landgoed op Greyton, het hulle by dié gesogte kring aangesluit.

Wynmakers kan slegs op uitnodigin­g lid word van die gilde. Om so ’n uitgelese uitnodigin­g te ontvang, moet wynmakers minstens vyf jaar lank uitstekend­e wyne maak.

Die gilde het in 1982 ontstaan. Altesaam 48 van Suid-Afrika se voorste wynmakers is tans lid daarvan. Sy visie is om die aansien van die Suid-Afrikaanse wynbedryf te verhoog deur toewyding aan transforma­sie en die produksie van wyne van wêreldgeha­lte. Nie minder nie as 44 van die lede maak elke jaar wyne wat eksklusief op Nedbank en die Kaapse Wynmakersg­ilde se veiling onder die hamer kom.

Samantha is maar die sesde vrou wat by die gilde ingelyf word. Saam met Rianie Strydom en Andrea Mullineux is sy die derde vrou wat tans lid is van die gilde.

Sy het in 2003 die Lismore-landgoed begin en was eiehandig verantwoor­delik daarvoor om wingerde in dié koelklimaa­t-wynstreek, waar wyndruiwe nog nooit vantevore verbou is nie, te vestig.

JD, wat in Mei by Warwick aansluit, se tweede wyn het verlede jaar vyf sterre in die Platter-gids gekry. Hy het ook die Museumklas-trofee vir Sauvignon blanc op die Old Mutual-trofeewyns­kou ingepalm en het vyf jaar na mekaar 94 punte vir Steenberg se Magna Carta-wyn in Tim Atkin se verslag behaal.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. JD Pretorius, me. Samantha O’Keefe en mnr. Boela Gerber, voorsitter van die Kaapse Wynmakersg­ilde.
FOTO: VERSKAF Mnr. JD Pretorius, me. Samantha O’Keefe en mnr. Boela Gerber, voorsitter van die Kaapse Wynmakersg­ilde.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa