Landbouweekblad

BOERDERY MOET NOU MISDAAD- EN ONTEIENING­SHEKKIES OORKOM

-

Met die lees van “Wreedheid, geweld kenmerk nuwe vlaag veediefsta­lle” (LBW, 4-11 Januarie 2019, bl. 15), is my herinnerin­g aan vergange se dae teruggevoe­r.

Terwyl ek as jong sersantjie op Kliptown naby Johannesbu­rg gestasione­er was, kom kla ’n boer oor sy hoenders wat die vorige nag gesteel is.

’n Bejaarde speurder se raat aan die boer was as volg: “Meneer, as jy hier met hoenders wil boer, moet jy ’n gat in jou garage grawe waaroor ’n staaldeur pas. Voor sononder moet jy al jou hoenders in die gat sit, die deksel bo-oor plaas en toesluit. Dan moet jy jou motor bo-op die deksel parkeer en toesluit. Hierna moet jy jou garagedeur sluit, asook die hek by die oprit. Maar ná die roof van ’n bank deur ’n tonnel hier op die Wesrand, weet ek nie of jou hoenders veilig sal wees nie!”

Ons moet eerlik genoeg wees om te erken dat die miljoene mense wat deurentyd vanoor Afrika onwettig in Suid-Afrika insypel, ’n groot invloed op oorbevolki­ng en misdaad het. Almal wil kom deel in die beloftes van gratis huise, water, krag, skole en universite­ite. Veral ouers se maandeliks­e salarisse wat volgens hul hoeveelhei­d kinders bepaal word, is ’n besondere lokaas.

Van die kinders wat sedert 1994 in Suid-Afrika gebore is, kan met eerskomend­e verkie- sing stem. Van hulle staan reeds bakhand vir al die wonderlike beloftes, anders is dit vuur en klippe. Bankrot munisipali­teite, beperkte water en werklooshe­id dra beslis by tot hierdie wrede rooftogte.

By geleenthei­d is die tenk van ’n melkwa wat van Zimbabwe af na Suid-Afrika onderweg was, oopgemaak. Verbasend genoeg is tien mans aangekeer wat in die halfvol tenk met vars melk gestaan het!

Daar is boewe wat die mening huldig dat hulle (met ’n kans van wegkom op 90%) in ’n enkele rooftog kan verseker dat hulle in hul hele lewe nooit weer hoef te werk nie.

As die teiken van onteiening sonder vergoeding en jou diere as die prooi van luiaards wat nog nie ’n dag se werk gedoen het nie, maak dit boerdery uiters moeilik. GAWIE RICHTER Modimolle

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa