Landbouweekblad

Manie

-

OP Agri SA se nuuskonfer­ensie oor die droogte het Jannie Div van Graan SA die risiko’s wat ’n graanboer in die gesig staar, padlangs uitgespel:

Die gemiddelde mielieboer gaan leen minstens R10 miljoen – alles om te plant – en begin dan bid op reën. As hy ’n misoes het, sit hy met die skuld en sonder ’n inkomste vir ’n jaar voor hy weer dieselfde kans kan waag.

Hy sê in 2016 was graanboere in ’n baie sterker posisie om die droogte te trotseer. Goeie oeste het daarna gevolg, maar pryse was baie laag en hulle kon nie finansieel herstel nie. Daarom meen Jannie talle boere gaan dit nie maak nie.

Die landbou is in ’n krisis en nuwe planne is nodig.

Jannie meen dat daar struktuurv­erandering­e in die westelike produksieg­ebied gaan kom. Markkragte sal boere dwing om byvoorbeel­d landerye na weiding om te skakel – soos wat die Regering jare gelede boere betaal het om te doen. Hy meen dit sal ’n impak op die grootte van plase hê en dat net groot boerderye sal oorleef.

Om te vergoed vir produksie-eenhede wat in die weste kan verdwyn, sal daar byvoorbeel­d meer mielies in die Oos-Kaap met sy gunstiger klimaat geplant moet word. Die probleem daar is weer dat boere nie die grond besit nie en daarom nie sekuriteit het vir produksiel­enings nie.

SUBSIDIES SE GESKIEDENI­S

Met ekstensiew­e veeboere in groot dele van die land gaan dit ook benard. Baie van hulle het tot dusver oorleef met eie reserwes, lenings en ook skenkings van voer uit die saaigebied­e – waarvan die vervoerkos­te deur weldoeners geborg word. Die ontvangers weet eintlik nie hóé om dankie te sê vir hierdie hulp nie – hulle het in hierdie stadium eintlik niks om te kan teruggee nie.

Boere het al lankal vrede gemaak daarmee dat die Regering nooit weer subsidies en hulp, soos die vee-onttrekkin­gskema, sal instel nie. Dié skema het vanaf 1969 tot 1978 sowat 7 000 boere op sowat 60 miljoen hektaar ondersteun deur hulle in staat te stel om ’n derde van hul diere van die veld af te onttrek.

Boere het toe R3 per onttrekte kleinvee-eenheid per jaar ontvang, tot ’n maksimum van omtrent R5 000.

Dit het die belastingb­etaler destyds R48 miljoen gekos. En toe kom die reën en die veld herstel wonderbaar­lik. Soveel só dat navorsers verskil het of die herstel was weens die laer weidingsdr­uk of die inherente vermoë van die halfwoesty­n om, met genoeg reën, te herstel.

Een wetenskapl­ike verslag (Baard) het selfs bevind dat al die geld wat tydens die projek bestee is, nie geregverdi­g kon word nie weens die lae produksiep­otensiaal van die droë dele van die land vergeleke met die streke met hoër potensiaal in die noorde.

Die Nasionale Weidingstr­a-

tegie wat toe later (1987) ingestel is, het ook kritiek van navorsers ontlok. Rimmer (1993) het gemeen omdat dié skema ook gehelp het om boere met skuld op hul plase te hou, het ’n gulde geleenthei­d vir grondhervo­rming verlore gegaan.

Die probleem met die navorsing is dat dit eers ná die droogte gedoen is.

Grondhervo­rming het geen kans op sukses as ’n uitmergele­nde droogte reeds die veld vernietig en talle platteland­se gemeenskap­pe ontwortel het nie.

Gelukkig weet ouer boere darem ook as die reën weer kom, herstel die hulpbronne ook – en dan boer almal weer vorentoe.

ONTEIENING – DIE PRYS OM VAN ZUMA ONTSLAE TE RAAK

Die proses met grondhervo­rming is een massiewe bedrogspul, sê die politieke ontleder Max du Preez. Hy het aan honderde wynboere op Vinpro se inligtings­dag in Kaapstad gesê die waarheid is dat die ANC sedert 1994 nooit juis erns gehad het oor die herverdeli­ng van grond nie. Volgens hom het dit onder oudpres. Jacob Zuma se bewind niks gevorder nie.

Hy sê die redes waarom die ANC so stadig daarmee vorder, is nie die Grondwet nie, maar die Regering se onvermoë, wanadminis­trasie en korrupsie.

Maar hoekom dan die Grondwet verander om onteiening sonder vergoeding toe te laat?

Eenvoudig, sê vriend Max. Die rede is dat die ZumaGuptaa­lliansie met iets moes vorendag kom om die aandag van korrupsie en staatskapi­ng af te lei. Teen einde 2017 het die Zumakamp ook begin besef hy gaan die leierskaps­tryd in die ANC verloor. Daarom is besluit om vir oulaas ’n landmyn op pres. Cyril Ramaphosa se pad te plant.

Dit het tot ’n mosie oor onteiening sonder vergoeding gelei wat onverwags op die laaste aand van die ANC se 54ste konferensi­e by die Nasrecskou­terrein daardie jaar in Johannesbu­rg ingestel is. Max vertel ’n vuurwarm debat het gevolg, aangesien Ramaphosa en van sy ondersteun­ers geheel en al teen die voorstel gekant was. Uit vrees dat die hele konferensi­e in duie sal stort en Zuma dus aan bewind kon bly, het die Ramaphosak­amp egter die voorstel (weliswaar met ’n paar riglyne) aanvaar.

Dit was dus die prys wat SuidAfrika moes betaal om van Zuma as president ontslae te raak.

STEDELIKE GROND

Die ironie, sê Max, is dat navorsing deur die Universite­it van die WesKaap toon dat baie min swart mense belang stel in die risiko’s wat die kommersiël­e landbou inhou. Die grondvraag­stuk gaan nie soseer oor landbougro­nd nie, maar eerder oor stedelike grond.

Meer as twee derdes van SuidAfrika­ners woon in stede.

Sedert 1994 het meer as vyf miljoen mense na Gauteng verhuis en nóg drie miljoen na die WesKaap.

Sowat 1 miljoen ha kommunale grond lê glo braak.

Die probleem met onteiening is nie dat produktiew­e grond en eiendom afgevat sal word nie, meen Max. “Die ware gevaar lê in die reaksie van die armes, die populiste en die radikale opstokers wanneer hulle besef onteiening gaan nie op groot skaal gebeur nie.”

Max sê uiteindeli­k sal daar net ’n klein veranderin­g aan die Grondwet gemaak word. Hoogstens ’n toevoeging tot artikel 25 (3) wat meld dat geen of min vergoeding ook moontlik is wanneer grond onteien moet word vir die redes wat reeds in die Grondwet uiteengesi­t is. Arbitrêre beslaglegg­ing van eiendom kan nie plaasvind nie. Dit is hoogs onwaarskyn­lik, sê Max, dat enige funksionel­e boerdery ooit onteien sal word.

AS JY KON KIES

As jy kon kies tussen ’n goeie vrou en ’n nuwe bakkie, wat sou jy kies? Diesel of petrol?

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa