Landbouweekblad

BELOWENDE VORDERING

-

Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye sal na verwagting binnekort die gebied in Limpopo waar bek-en-klouseer verlede maand uitgebreek het, tot ’n inperkings­one verklaar. “Geen diere buite die siektebehe­ersone is al positief getoets vir bek-en-klouseer nie,” sê mnr. Piet Warren, ’n wild-en-beesboer van Gravelotte. Warren het sy stem gevoeg by dié van dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die nasionale dieregeson­dheidsforu­m, en ’n beroep gedoen op wild- en veeboere om geduldig te bly terwyl die direktoraa­t vir dieregeson­dheid die situasie monitor. “’n Oorhaastig­e fout nou kan ons veebedryf baie duur te staan kom.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa