69,2km
Denemarke is besig om ’n heining van amper 70 km lank en 1,5 m hoog op sy grens met Duitsland te bou om sy varkbedryf te beskerm teen wildevarke uit Duitsland wat draers van Afrika-varkgriep kan wees. Denemarke is een van die wêreld se grootste uitvoerders van varkvleis, en varkvleis verteenwoordig naastenby die helfte van Denemarke se landbou-uitvoer. Dié land produseer jaarliks 28 miljoen varke. – Fox News