Landbouweekblad

LANDBOU ‘AAN NEUS RONDGELEI’ OOR MIELIES

-

Die berig “Suid-Afrika voer weer mielies in” (Landbou.com ,14 Januarie 2019) het betrekking.

Ek is al jare lank by kommentare op die webwerf en in Landbouwee­kblad betrokke. Ek het al meermale kommentaar gelewer oor Graan Suid-Afrika en die voerkrale se manipulasi­e van die speenkalf- en lammerprys.

Kyk waar staan die speenkalfp­rys vandag. Dit het binne ’n maand geval van R34 per kilogram tot R23 per kilogram.

Ja, die mielieprys het gestyg, maar onthou, ’n kalf vreet sowat 1,4 ton kos tot hy geslag word. Net ’n persentasi­e daarvan is mielies.

’n Mens kan met ander woorde verstaan as die prys met so ’n rand of drie terugsak. In hierdie geval het dit met amper R12 per kilogram teruggesak. Jy kry dus nou amper R2 400 minder vir ’n kalf van 200 kg. Die totale

voerkoste vir die kalf is nie eens R2 400 nie.

Ek gesels vandag met een van die groot voermaatsk­appye se voerkundig­es. Hy vertel my dat hy ’n melkboer het wat 100 ton mielies ’n maand voer. Hy kan nêrens mielies kry nie. Dit is nie omdat daar nie mielies is nie. Dit is omdat die kopers wat “aandele” op Safex gekoop het, weier om hul mielies te verkoop. Jy kan nie ’n “aandeel” verkoop as jou mielies nie meer in die silo is nie.

Die silo’s in die betrokke boer se gebied is oorlopens toe vol. Nes hier by ons is daar nie plek vir die mielies nie e n word die mielies om die silo’s in tydelike geriewe opgeberg. Ja, jy hoor reg. Daar is nie plek in die silo’s vir die oorskot mielies nie.

Daar is genoeg mielies in Suid-Afrika, maar die verkopers weier om te verkoop, want soos die prys gemanipule­er of geraai word, gaan hulle geld verloor as hulle nou verkoop.

Ek weet dus nie waar LBW die inligting vir die berig gekry het nie, maar iemand is besig om die landbou aan die neus rond te lei. Miskien kan julle vir ons ’n behoorlike ondersoek doen en die waarheid skryf.

Wie weet, dalk is my inligting foutief en berg die silo’s maar net die mielies in tydelike geriewe op omdat dit koeler as die silo’s is. Veral met die hitte die afgelope paar dae.

MAARTEN KRUGER Potchefstr­oom

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa