Landbouweekblad

50 JAAR GELEDE

WEER SE GRILLE BLY ONTEMBAAR

- Uit: Landbouwee­kblad, 18 Februarie 1969

weerkundig­es versamel inligting van oor ’n wye gebied, en hul voorspelli­ngs — tot 36 uur vooruit — is meer reg as verkeerd. Maar daar is nog boere wat glo dat vinke, paddas, miere, motte en torre die weer beter voorspel.

Party trek liewer peil op vlieënde miere: Dit gebeur altyd twee dae voor swaar reën, word gesê. Of hulle let op die skor geSuid-Afrikaanse kwaak van paddas, wat altyd die reën voorafgaan. Baie Natalse boere heg geloof aan swaeltjies. As hulle laag vlieg, gaan dit reën; vlieg hulle hoog, gaan dit mooiweer wees.

Daar is ander boere wat ’n mens verseker as die vinke hul neste hoog in die takke vasvleg, gaan dit ’n nat jaar wees. As hulle egter hul neste in laag hangende takke op die rivieroewe­rs bou, dui dit op ’n droë seisoen.

Mnr. L.L. Oosthuis van Stanger laat weer ’n venster in sy huis oop. In die oggend ondersoek hy die muur oorkant die venster. As hy ’n klein, bruin mot en ’n bruin tor op die muur vind, is hy daarvan oortuig dat dit gaan reën.

 ??  ?? ’n Weerballon word opgestuur.
’n Weerballon word opgestuur.
 ??  ?? Mnr. R.H. Kleyweg gaan die sonradarin­strument op die dak van die weermag in Durban na. Suid-Afrika se modernste weertoerus­ting word tans (1969) daar gehuisves.
Mnr. R.H. Kleyweg gaan die sonradarin­strument op die dak van die weermag in Durban na. Suid-Afrika se modernste weertoerus­ting word tans (1969) daar gehuisves.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa