Landbouweekblad

‘HOOP IS OOK ’N WERKWOORD’

- — VIDA BOOYSEN

HOE behou ’n mens hoop as die droogte dreig om jou gees te knak? Jy moet hoop dóén, is die raad van die bekende sakeleier mnr. Brand Pretorius.

“Hoop is ook ’n werkwoord. My ervaring is as ’n mens iets doen, al is dit klein, hou jy jou hoop aan die lewe,” sê hy.

Pretorius praat uit ervaring. Een van die moeilikste tydperke van sy loopbaan was toe McCarthy, een van die land se grootste motorhande­laars, in Desember 2000 op die rand van bankrotska­p gestaan het. As uitvoerend­e hoof moes hy die situasie omkeer. McCarthy het sowat 10 000 werknemers gehad, die aandeelpry­s het van R21 tot 18c geval en die maatskappy het aan agt banke sowat R1,5 miljard – destyds ’n fortuin – geskuld.

“Ontleders het ons geen kans op oorlewing gegee nie, maar ek moes myself oortuig dat daar wel hoop was.

“Ek het net bly glo dit was nie bestem dat derduisend­e mense hul werk moet verloor nie.”

Hy het krag uit sy geloof geput en haal aan uit Romeine 4:18. “Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog geglo en gehoop . . .”

RASIONEEL

Om hoop te “doen” het egter ’n emosionele én rasionele kant, sê Pretorius.

“As jy van jou knieë opstaan, moet jy doen wat jou gesonde verstand vir jou sê. Dade skep hoop. Hoe stiller ek gesit het en hoe meer ek my bekommer het, hoe minder hoop het ek gehad.”

Hy gee toe dat boere uitgelewer is aan weerpatron­e en dat hul beweegruim­te om dinge te doen, dus kleiner is. Tog is SuidAfrika­anse boere se vermoë om planne te beraam, legendarie­s. Hulle moet nooit hul vindingryk­heid en veerkragti­gheid onderskat nie, selfs al gaan dit swaar.

“In daardie moeilike dae het ek gevind hoe harder ek gewerk het aan die planne om te herka pitaliseer en te herfokus, hoe hoopvoller het ek geraak en hoe meer kon ek vir ander ook hoop gee. Elke klein dingetjie wat ons reggekry het, het ek in my hart gebêre en aan my mense oorgedra om hoop te gee.”

WENKE VIR HOOP

Pretorius verwys met deernis na ’n onlangse gesprek oor die droogte met een van sy groot vriende, mnr. Andries (Tot) Pienaar, Merinoboer van Klipplaats­fontein, Colesberg.

Pienaar het hom daaraan herinner dat moeilike dae ook verbygaan. “Ek is hoopvol, want elke dag wat verbygaan, bring my nader aan die dag dat die groot reën weer op my plaas gaan val,” het Pienaar aan hom gesê. Hier is sy wenke: Waak daarteen dat ’n gebrek aan hoop in paniek omskakel. Hou jouself ingestel op die belangriks­te kwessies – nie net op wat dringend is nie. Soek die geselskap op van mense wat hoop gee, nie diegene wat wanhoop aanblaas nie. Vermy swaarmoedi­ge gesprekke. Dit tap net energie en vernietig hoop. Leun swaar op jou ondersteun­ingsnetwer­k. “My vrou, Tillie, en my drie seuns het ’n deurslagge­wende rol gespeel om my inspuiting­s van hoop te gee tydens McCarthy se swaar dae.” Bespreek jou diepste gevoelens met ’n vertroueli­ng. Vermy ’n slagofferm­entaliteit. Dit verander niks aan die krisis nie en lei net tot bitterheid.

 ??  ?? Mnr. Brand Pretorius
Mnr. Brand Pretorius

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa