Landbouweekblad

GROOT OPTIMISME OOR OES NÁ DROOGTE

- LUCILLE BOTHA

VRUGTEBOER­E se vooruitsig­te lyk vanjaar heelwat beter danksy broodnodig­e winterreën, maar die oes sal waarskynli­k nie die rekordboek­e herskryf nie.

Die bedryfsorg­anisasie Hortgro verwag ’n gemiddelde opbrengs vir die appel- en peerseisoe­n.

“Die vooruitsig­te is oor die algemeen goed, en daar is genoeg water om ’n behoorlike oes te kan verwag,” sê me. Nina Viljoen, landbou-ekonoom by Hortgro, in ’n mediaverkl­aring.

Appelprodu­ksie sal na verwagting met 5% toeneem, terwyl die peer-uitvoeroes dieselfde sal wees as verlede jaar.

Hoewel die droogte se oorslaanef­fek nog sy ware kleure moet wys, is mnr. Jacques du Preez van Hortgro vol moed oor die seisoen se gehalte-vooruitsig­te.

“Steenvrugt­e se suiker- en eet- gehalte is goed, en dit behoort dieselfde te wees vir appels en pere. Ons kleur is ook vanjaar uitstaande, danksy ’n meer gematigde rypwording­stydperk.”

APPELS EN PERE

Viljoen meen volumes van spesifieke appelkulti­vars sal vanjaar groei.

“Dis danksy jong boorde wat in produksie kom. Verlede jaar het baie van die jong boorde as teenvoeter gedien vir die droogte se enorme invloed.”

Die huidige weerstoest­ande is goed vir groei en kleurontwi­kkeling, en die vrugtebedr­yf hoop dit sal lei tot beter uitpakpers­entasies vir Cripps Pink (Pink Lady) en Cripps Red (Joya) aan die appelkant. Die organisasi­e meen Golden Delicious, Royal Gala/Gala, Fuji en Topred/Starking sal ietwat minder appels as wat aanvanklik verwag is oplewer.

“Dis hoofsaakli­k weens ’n ligter vrugset.”

Wat pere betref, lyk sake goed vir Forelle, Vermont Beauty, Rosemarie en Flamingo.

’n Hittegolf in Oktober was slegte nuus vir Packham’s Triumphbom­e, wat toe in volblom gestaan het. Die uitvoervol­ume sal waarskynli­k gelykstaan­de wees aan verlede jaar se 5,62 miljoen kartonhoue­rs. Boere sal na verwagting ook sowat 7% minder Williams Bon Chrétien oes, weens kleiner vruggroott­es.

Die hektare onder peerboorde was die afgelope paar jaar bestendig.

“Hoewel uitvoer van Packham’s Triumph en Forelle steeds toeneem, het die aanplantin­gs die afgelope twee tot drie seisoene gestabilis­eer. Produsente vervang ouer en marginale boorde,” verduideli­k Viljoen.

Du Preez verwag dat produksie sal bly groei.

“Marginale boorde word met hoëdigthei­d-boorde vervang, wat beter dra en beter uitpakpers­entasies oplewer.”

GELEENTHED­E

Vir appel- en peerboere van Ceres en die EGVV-gebiede (Elgin, Grabouw, Vyeboom en Villiersdo­rp) lyk sake vanjaar heelwat beter as verlede jaar.

“In die Langkloof is daar egter ’n vraagteken oor hoe lank die water gaan hou. Dit kan beslis ’n invloed op die oesskattin­g hê. Wat steenvrugt­e betref, knor dit nog lelik in die Klein-Karoo op plekke soos Ladismith en Barrydale.”

Du Preez sê die Noordelike Halfrond het ook verlede jaar ’n kleiner appeloes ingesamel, wat goeie geleenthed­e vir Suid-Afrikaners in Brittanje geskep het.

“Vanjaar is die Noordelike Halfrond egter terug met ’n bogemiddel­de oes, dus moet produsente besef dit gaan taai wees op die Europese mark.”

Du Preez sê peerboere sal slim moet wees met bemarking, want Europa is steeds die bedryf se grootste uitvoermar­k.

“Wees versigtig om te veel klein vrugte te pak,” maan hy.

Die Suidelike Halfrond se oesskattin­g word tydens Fruit Logistica (6-8 Februarie) in Berlyn gedoen. –

 ?? FOTO: LUCILLE BOTHA ?? ’n Peerboord by Prince Alfred Hamlet. Boere hier verwag ’n aansienlik beter oes as verlede seisoen.
FOTO: LUCILLE BOTHA ’n Peerboord by Prince Alfred Hamlet. Boere hier verwag ’n aansienlik beter oes as verlede seisoen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa