Landbouweekblad

KENIA | Nóg verdagtes gesoek in mielieskan­daal

-

Persone wat betrokke was by verlede jaar se mielieskan­daal van Sh11 miljard (sowat R1,5 miljard) moet hulle aan die owerhede oorgee voor die staat se ondersoekb­eamptes hulle inhaal, sê mnr. Jackson Mue, hoof van dié land se etiek- en teenkorrup­siekommiss­ie (EACC).

In dié skandaal het kartelle verlede jaar saamgespan om munt te slaan uit hoë pryse wat die staat vir mielies aangebied het, terwyl bona fide-boere nie ’n mark vir hul mielies kon kry nie.

Tot dusver is 62 mense aangekla, en talle het reeds in Nairobi en Kisumu in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met dié bedrog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa