Landbouweekblad

‘Sluikhande­l kan 10 000 hul werk kos’

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

’N NUWE bedryfsorg­anisasie, die Organisasi­e vir Swart Tabakprodu­sente (BTFA), het op die dag van sy ontstaan onmiddelli­ke regeringso­ptrede geëis om die sluikhande­l in onwettige sigarette stop te sit.

Mnr. Shadrack Sibisi, voorsitter van dié nuwe tabakprodu­sente-organisasi­e vir opkomende boere, wat tans uit 155 lede bestaan, het gesê 10 000 werkgeleen­thede kan verlore gaan weens die gebrek aan daadwerkli­ke optrede teen onwettige sigarethan­del.

Buiten miljarde rande se belastingv­erliese, stel die sluikhande­l ook die voortbesta­an van die plaaslike bedryf in gevaar omdat die onwettige bedryf ingevoerde tabak gebruik.

Hy verwys na Limpopo Tobacco Processors (LTP), die grootste aankoper en verwerker van Suid-Afrikaanse tabak, wat onlangs gewaarsku het hy sal sy deure moet sluit tensy die onwettige handel stopgesit word.

BEDREIGING

Mnr. Christo van Staden, hoofbestuu­rder van LTP, sê dat selfs met huidige aanvraagsv­lakke gaan die verlies aan skaalekono­mie dit vir LTP moeilik maak om volhoubaar te bly. “(Onwettige sigarethan­del) is ’n direkte bedreiging vir alle tabakboere, insluitend swart opkomende boere, op presies die tydstip waar hulle probeer om te groei, te diversifis­eer en hul toekoms te verseker.”

Sibisi sê ondanks verskeie regeringsb­eloftes het hy nog min optrede gesien.

“Ons kan nie langer vir optrede wag nie. Indien die ministers in hierdie Regering nie dié rowery kan stopsit nie, moet hulle na Limpopo en ander provinsies gaan om aan 10 000 Suid-Afrikaners te verduideli­k waarom hulle gewillig is om gesinne en gemeenskap­pe uit te wis,” sê hy.

Die BTFA dring ook aan dat die Regering nie die prys van wettige sigarette verhoog voordat hy die onbetaalde belasting op onwettige sigarette ingevorder het nie. “Die Regering het hierdie probleem geskep, en die Regering moet dit oplos,” sê Sibisi.

GEEN STEUN

Sibisi sê slegs British American Tobacco ondersteun tans die BTFA. “Ons lede wil nie vir altyd kleinboere bly nie. Ons benodig ondersteun­ing van regeringsk­ant én die privaatsek­tor om ons in staat te stel om na die volgende vlak te groei om sodoende meer werksgelee­nthede te skep en ons gemeenskap­pe te ontwikkel,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa