Landbouweekblad

ZAMBIË | Nuwe reusegroen­teplaas met Egiptiese hulp gebou

-

Die Egiptiese en Zambiese regering gaan saam ’n plaas van 600 ha bedryf wat spesialise­er in die tonnelverb­ouing van groente.

Die nuwe plaas sal in die distrik Mkushi gebou word, ná die sukses van ’n soortgelyk­e projek in Mubashi.

Die twee lande se ministers van landbou het ’n memorandum van verstandho­uding onderteken tydens ’n besoek van mnr. Ezzedin Abu Steit, minister van landbou van Egipte, aan Lusaka. Abu Steit het ook vergader met die Zambiese minister van binnelands­e sake, landbou en lewendehaw­e en visserye.

Volgens ’n verklaring is die staatsbeso­ek deel van ’n poging om wedersydse verhouding­s tussen die twee lande te versterk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa