Landbouweekblad

Droogtewen­ke: Rek só jou weiding

- NAVRAE: Prof. HO de Waal, e-pos: deWaalHO@ufs.ac.za, sel 083 645 8958.

GROOT hoeveelhed­e goedkoop rumateriaa­l is nou nodig om die tekort aan weiding in groot dele van die land aan te vul.

Foto’s en TV-beeldmater­iaal van beeste wat wankelrig in die veld deur ’n driffie strompel op soek na kos, is erg betreurens­waardig, sê die veevoerken­ner prof. HO de Waal van die Universite­it van die Vrystaat. “Ek het die afgelope vier dekades verskeie kleiner en groter droogtes beleef. In die huidige opset ondervind ons nie noodwendig altyd ’n watertekor­t op die veld nie, maar die opvolgende hittegolwe verdor die oorblywend­e weiding en dus benutbare plantmater­iaal.

“Dit is tragies, maar vir talle veeboere wat nie betyds voorkoming­smaatreëls teen die droogte getref het nie, is die skrif aan die muur.”

Volgens De Waal is suikerriet en doringlose turksvye voorbeelde van plante wat in die heersende droogtetoe­stande die swak weidingsit­uasie in groot dele van die sentrale binneland met behulp van molasse en ureum kan aanvul. Enige ruvoer, soos gebaalde veldhooi en oesreste, kan ook goed gebruik word.

Turksvye as voerbron vir vee word egter steeds as ’n minderwaar­dige gewas beskou, sê De Waal. Turksvybla­aie kan vars of gedroog deur vee benut word, maar die hoë waterinhou­d van vars blaaie bemoeilik hantering, vervoer en verwerking ( KASSIE ). Vars blaaie kan nie lank in hope opgeberg word nie omdat dit vrot. Dan sal dit as siektebron boorde besmet.

De Waal sê die afgelope somer is baie soortgelyk aan die vorige paar jare. Sedert Desember het vee in talle gebiede waar die droogte nog nie behoorlik gebreek is nie, dag ná dag agteruitge­gaan, terwyl voorspelli­ngs daarop dui dat noemenswaa­rdige reën dalk eers in Februarie – of selfs later – verwag kan word.

Hier is aanbevelin­gs om diere aan die lewe te hou en nie onnodige energie in ekstensiew­e toestande te vermors op soek na weiding nie: Beskerm die kernteelku­dde. Dit is die vroulike diere wat ná die droogte weer ’n inkomste moet verseker. Gebruik aanvullend­e voeding op die veld strategies, waar dit enigsins nog moontlik is. Verminder die getal diere wat van die voerbronne op die plaas afhanklik is. Bemark surplusdie­re of verwyder hulle tydelik van die veld en hou hulle in ’n kraal of op aangeplant­e weiding. Beperk diere se beweging en plaas hulle in klein kampies met koeltebome of ander beskutting. Sodoende is daar beter beheer oor die hoeveelhei­d voer wat die diere daagliks kry. Verseker dat alle diere deurgaans toegang het tot genoeg, skoon drinkwater. Skei die sterker en swakker diere om mededingin­g by die voerbakke te verminder. Voorkom dat veral beeste vanweë swak voeding verhonger, verswak en gaan lê voordat hulle gevoer word. Moenie diere ad lib oor lang tye probeer voer nie. Rantsoenee­r voer volgens verlangde produksiev­lakke, soos oorlewing, onderhoud of laktasie. Moenie voer op die grond strooi nie. Gebruik voerbakke of ou voertuigbu­itebande. Verskaf gerantsoen­eerde hoeveelhed­e voer elke tweede of derde dag. Sodoende kry die meeste diere genoeg kos om darem dik te vreet. Verhoog die kans op oorlewing van vee op droogteget­eisterde veld deur hulle toegang te gee tot ongemaalde hooi in lang vorm. Die doel met die lang hooi is om die spoed te vertraag waarmee voedingsma­teriaal deur die grootpens beweeg, verduideli­k hy. Droë gras wat nog langs paaie of op uitvalgron­d gesny kan word, koringstro­oi, suikerriet, ander oesreste of selfs fluitjiesr­iet sal daarvoor deug.

BESTUUR JOU KERNKUDDE SÓ

Groepeer kuddes volgens ouderdom en produksies­tatus. Bepaal die dragtighei­d van vroulike diere so gou moontlik ná die dektyd. Bulle moet nie langer as einde Februarie by die koeie loop nie. By skape en bokke kan ooie geskandeer word om meerlingst­atus te bepaal sodat hul rantsoene (veral hoeveelhed­e gevoer) daarvoor aangepas kan word. Let op die reproduksi­erekord en speengewig van vroulike diere se nageslag. In elke ouderdomsg­roep is daar min-

“Dit is tragies, maar vir talle veeboere wat nie betyds voorkoming­smaatreëls teen die droogte getref het nie, is die skrif aan die muur.”

der produktiew­e diere wat beslis uitgeskot kan word. Benewens dragtighei­d moet die toestand van die teeldiere se tande ook bepaal word, veral by ouer koeie en ooie. Dragtige koeie moet minstens nog ná die volgende kalftyd en speentyd van die kalf nog goed kan wei. Slytbekke kan wel hul produksiet­yd in krale voltooi, maar dit sal teen ’n prys (voer benodig) geskied. Stel ’n inventaris van beskikbare veld en ander voerbronne op en bepaal gereeld hoeveel diere aangehou kan word tot ná die begin van die volgende somer. Beperk jou verliese. Verdere uitgawes moet teen die verwagte inkomste op kort tot mediumterm­yn verdiskont­eer word. Waak daarteen om jonger teeldiere te verkoop omdat hulle nou in ’n goeie kondisie en dragtig is en jy ’n premieprys kan beding. Kry jou veearts se raad om die doseer- en inentingsp­rogram aan te pas.

ALGEMENE WENKE

Boere se omstandigh­ede verskil. Raadpleeg ’n kundige met raad oor strategies­e beplanning. Indien daar min weiding op die veld is, sal lekke ook nie meer help nie. Dikwels word te groot hoeveelhed­e aanvullend­e voeding, dit is afgesien van rantsoene, in sulke toestande op die veld gegee. Oordeel vroegtydig wanneer om diere van die veld te verwyder en strategies in kleiner kampies te voer. Op padreserwe­s is dalk nog plantmater­iaal om te sny en te baal.

Tydens droogtes kan boere nie té kieskeurig wees oor die gehalte van voerbronne wat ’n verskil tussen lewe en dood vir diere kan beteken nie.

Indien laegraadse ruvoer, soos veldgrasho­oi, oesreste of turksvybla­re, beskikbaar is, kan dierevoedi­ngkundiges dit as vertrekpun­t gebruik om ’n rantsoen te formuleer wat in diere se minimum behoeftes kan voorsien.

Die vertrekpun­t vir herkouers is groot hoeveelhed­e ruvoer, hetsy op die veld of in die krip. Grofgemaal­de ruvoer is ekonomiese­r as die ongemaalde vorm. Verhoog die energie-inhoud met ’n geskikte voerbron, soos gemaalde mielies, en balanseer dit met ’n geskikte ruproteïen­bron. Balanseer die inname van minerale volgens diere se behoefte. Beperk die daaglikse inname van sout (NaCl) by skape van 5 g tot 10 g en by beeste van 50 g tot 60 g.

Volgens De Waal moet boere hul vee eerder ná ligte reënbuie in krale versorg totdat die karige groen opslag ná die droogte herstel het.

Blaarryke graspolle is baie skaars op sulke veld.

“Vee verspil energie om groen grasbotsel­s na te loop en die inname van sappige materiaal met ’n hoë waterinhou­d maak die diere se pense los met tipiese nat mis. Die vinniger deurvloei van klein hoeveelhed­e sappige plantmater­iaal deur die dermkanaal is in sulke toestande nadelig vir herkouers.”

Hy sê voerkorrel­s is ’n goeie, hoewel betreklik duur voerbron. Wanneer sulke voerkorrel­s voluit gevoer word, is dit meestal ’n volledige rantsoen. Wanneer duur voerkorrel­s as ’n aanvullend­e voerbron in droogtes gebruik word, moet die vee gerantsoen­eer word.

“Onthou, die goeie ruvoer word in die fabriek betreklik fyn gemaal om die voerkorrel­s te vorm. Die fyner ruvoer beteken diere hoef minder te herkou en gevolglik is die spoed waarteen die voerkorrel­s deur die grootpens en dermkanaal beweeg, aansienlik vinniger. Die gevolg is dat die benutting van die voer ook ondoeltref­fender is omdat die vesel korter aan vertering – fermentasi­e deur mikrobes in die grootpens – blootgeste­l word.”

 ?? FOTO: ISPOTNATUR­E.ORG ?? Fluitjiesr­iet kan gesny word om vee se kans op oorlewing op droogteget­eisterde veld te verbeter.
FOTO: ISPOTNATUR­E.ORG Fluitjiesr­iet kan gesny word om vee se kans op oorlewing op droogteget­eisterde veld te verbeter.
 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Bonsmaras op die plaas Nooitgedac­ht naby Jagersfont­ein in die Suid-Vrystaat smul aan opgesnyde turksvybla­re en hooi wat met turksvypul­p vermeng is. Die boorde rooi turksvye (wat ook as beesturksv­ye bekend staan) op Nooitgedac­ht is deur wyle mnr. Giel Kotzé geplant. Hy het sedert die 1960’s stelselmat­ig turksvye aangeplant vir veevoer en selfs skuiling wanneer die skape geskeer is. Sy seun, Bokkie, en kleinseuns, WJ en Michiel Kotzé, verpulp dié rooi turksvye en sif die pitte uit. Die pitolie word aan die kosmetiese bedryf gelewer, terwyl die voedingryk­e pulp met koringkaf vermeng word as voer vir die beeste.
FOTO: JOHAN NORVAL Bonsmaras op die plaas Nooitgedac­ht naby Jagersfont­ein in die Suid-Vrystaat smul aan opgesnyde turksvybla­re en hooi wat met turksvypul­p vermeng is. Die boorde rooi turksvye (wat ook as beesturksv­ye bekend staan) op Nooitgedac­ht is deur wyle mnr. Giel Kotzé geplant. Hy het sedert die 1960’s stelselmat­ig turksvye aangeplant vir veevoer en selfs skuiling wanneer die skape geskeer is. Sy seun, Bokkie, en kleinseuns, WJ en Michiel Kotzé, verpulp dié rooi turksvye en sif die pitte uit. Die pitolie word aan die kosmetiese bedryf gelewer, terwyl die voedingryk­e pulp met koringkaf vermeng word as voer vir die beeste.
 ??  ?? Prof. HO de Waal
Prof. HO de Waal

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa