Landbouweekblad

Herlewing van tekstielbe­dryf goeie nuus vir katoenboer­e

- — JOYLENE VAN WYK

’N TEKSTIELMA­ATSKAPPY wat binne vier maande 450 werkgeleen­thede kon skep, het ’n inspuiting van miljoene rand van die Regering gekry.

’n Herlewing van die tekstielbe­dryf deur die staat se swart nyweraarsp­rojek is goeie nuus vir boere wat katoen en ander grondstoww­e produseer, want die meeste grondstoww­e moet plaaslik bekom word.

Africa Bespoke Apparel is die jongste tekstielma­atskappy in KwaZulu-Natal aan wie die Departemen­t van Handel en Nywerheid ’n geldelike inspuiting van R35,5 miljoen toegestaan het. Verdere finansieri­ng vir die projek kom van die provinsial­e groeifonds.

Mnr. Sidwell Medupe, woord-

voerder van die departemen­t, sê die maatskappy bekom 60% van sy grondstoww­e plaaslik en die res kom van China.

Die maatskappy sal nou die vermoë hê om sy produksie te verdriedub­bel, omdat die geld gebruik sal word om nuwe toerusting aan te skaf, sê mnr. Bulelani Magwanishe, Adjunkmini­ster van Handel en Nywerheid. Met die ondersteun­ing van die nyweraarsp­rojek beoog die maatskappy om verskeie markte in Afrika suid van die Sahara te betree.

Mnr. Sihle Zikalala, LUR vir ekonomiese ontwikkeli­ng, toerisme en omgewingsa­ke in KwaZulu-Natal, sê die klereen tekstielbe­dryf se vermoë om werk te skep, is een van die redes waarom dit as ’n voorkeurbe­dryf geïdentifi­seer is.

“Sektore soos die landbou, vervaardig­ing, toerisme en logistiek het die groei van ons provinsial­e ekonomie laat uitskiet. Ons moet dus voortgaan om in projekte en infrastruk­tuur te belê wat dit makliker maak om besigheid te doen, en die koste van bedrywighe­de binne hierdie sektore verlaag.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa