Landbouweekblad

1 AUSTRALIË | Vrae oor droogtehul­p

-

Boere in droogteget­eisterde streke van Nieu-Suid-Wallis en Queensland beweer hulle moes betaal vir die vervoer van geskenkte hooibale waarvoor die koste reeds uit skenkings gedek is.

Daar is ook bewerings dat bale hoëgehalte­voer verdwyn op pad na aangewese aflaaipunt­e, en dat dié bale dan beland in voerkrale op plase wat nie deur die droogte geraak word nie.

Na raming het gewone Australiër­s reeds meer as AU$50 miljoen (sowat R500 miljoen) geskenk om boere by te staan in die ergste droogte in menseheuge­nis Doer Onder.

In een geval het diere geweier om die voer te vreet omdat dit gemuf het.

Die organisasi­es Buy a Bale en Rural Aid, wat van die voerhulp versprei, het in reaksie egter gesê hy vra boere nie geld om skenkings af te lewer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa