Landbouweekblad

2 ISRAEL | Ja vir medisinale dagga

-

Die Israeliese kabinet het verlede naweek ’n wet goedgekeur wat die uitvoer van medisinale dagga toelaat, in weerwil van teenstande­rs wat bekommerd is dat dit daggagebru­ik vir ontspannin­g kan verhoog.

Die wetsontwer­p laat maatskappy­e met polisie- en gesondheid­sgoedkeuri­ng toe om medisinale dagga uit te voer na lande wat die gebruik daarvan toelaat. Volgens die Israeliese media kan uitvoer so spoedig as binne nege maande begin.

“Die tegnologie is hier in Israel en tot nou toe moes ons eenvoudig dié tegnologie vir ander lande gee. Dus is ek bly ons kan nou die winste in Israel ontgin,” sê mnr. Ayelet Shaked, die land se minister van justisie.

Mnr. Yona Levy, voorsitter van Tefen, wat medisinale dagga vervaardig, sê as deel van internasio­nale bemarking het die maatskappy reeds ’n strategies­e ooreenkoms gesluit wat die maatskappy in staat stel om die Europese mark deur Portugal te betree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa