Landbouweekblad

DIE VERBRUIKER IS ALTYD REG

-

Die verantwoor­delike wolstandaa­rd (RWS) bied boere die geleenthei­d om vir die publiek te wys hoe hulle vir hul diere, omgewing en mense sorg. Só word verbruiker­s gerus gestel dat die wolprodukt­e wat hulle koop, aan hul vereistes en waardes voldoen.

In ’n neutedop wys die RWS dat wolboere voldoen aan die konsep van die vyf vryhede van diereprodu­ksie en dat die hulpbronne op ’n verantwoor­delike manier bestuur word.

Die standaard is ontwikkel deur ’n internasio­nale werkgroep ná ’n deursigtig­e proses waaraan alle potensiële belanghebb­endes in die belangriks­te wolproduse­rende lande deelgeneem het.

Dit sluit in veeartse, hulpbronde­skundiges en boere, ook dié wat in moeilike ekologiese toestande boer.

Die doel was om realisties­e standaarde te ontwikkel wat geboekstaa­f kan word. Deelname bly egter vrywillig en die RWS beoog nie om die wette of regulasies van enige land te vervang nie.

Dit is maar een van talle soortgelyk­e standaarde wat die afgelope tyd tot stand gekom het. Nog voorbeelde is die ZQ Merino- en ZQ Premium Wool-standaard wat deur The New Zealand Merino Company Limited ontwikkel is om die verwagting­e van verbruiker­s ten opsigte van produk- en produksiep­raktyke te waarborg. Ook hierdie standaarde is opgestel om mettertyd aan te pas by veranderen­de verbruiker­svereistes.

Hier is enkele RWS-vereistes:

■ Skryf werksinstr­uksies neer vir elke taak op die plaas en liasseer dit.

■ Entstowwe, dipmiddels en veiligheid­sinstruksi­es (pamflette) moet op rekord gehou word.

■ Hou rekord van alle opleiding wat aan werkers gegee word en teken dit aan op ’n bywoningsr­egister.

■ Let op netheid van die plaas en opstal, byvoorbeed drade, dromme, plastieksa­kke en ander rommel. ■ Beskryf jou eie bestuurste­lsel ten opsigte van weiveld en die algehele bestuur van die plaas.

■ Beskryf hoe jou lamhokstel­sel toegepas word.

■ Beskryf hoe jy te werk gaan met die voer-/korrelmaak­proses, en bestanddel­e van rantsoene.

■ Beskryf hoe en wanneer jy diere inent en doseer, byvoorbeel­d hoe gereeld naalde vervang word.

■ Die boerdery moet ’n geskrewe dieregeson­dheidsplan hê.

■ Daar moet rekord gehou word van alle vrektes, asook die oorsake.

■ Elke boer moet ’n geskrewe risikoontl­eding opstel wat alle bedrywighe­de oor die gesondheid en veiligheid van werkers omskryf.

■ Daar moet op skrif gestel word hoe met die diere gewerk word.

■ Elke boer moet ’n omgewingsb­estuurspla­n en ’n dieregeson­dheidsplan op skrif stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa