Landbouweekblad

‘BIERHAPPIE­S’ VIR LIEFDADIGH­EID

-

Die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) en Anheuser-Busch InBev (AB InBev) verkoop ’n souterige graanversn­apering wat vervaardig word uit plaaslik verkrygde bierbestan­ddele en die oorskot van hul brouproses.

Castle Lager Better Bites word in pakkies van 40 g verpak en is by vyf kroegverko­oppunte in Soweto en vier verkooppun­te tussen Johannesbu­rg en Pretoria beskikbaar.

Die opbrengs uit die verkope van dié southappie­s word gebruik om opkomende gars-, mielie- en hopboere by te staan en ontwikkeli­ngsprogram­me te ondersteun. Die Castle Lager Better Bitesinisi­atief word in vennootska­p met FarmSol Africa en Graan SA aangepak. Altesaam 142 onfhanklik­e swart opkomende boere is begunstigd­es, waaronder 82 vroue van KwaZulu-Natal, Gauteng en Mpumalanga. PRYS: Op aanvraag.

NAVRAE: Azure Janneker, e-pos: Azure.Janneker@za.ab-inbev. com, sel 079 505 6966.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa