Landbouweekblad

HOU LEMME VLYMSKERP

-

Awesome Tools, die alleenvers­kaffer van produkte soos Leatherman en Opinel, het onlangs die Smith’s Sharpeners-reeks bekom. Smith’s is ’n markleier wat slyp- en skerpmaakp­rodukte betref.

Die reeks strek van eenvoudige, vastehoeks­kerpmakers wat enigeen vinnig en maklik kan gebruik (foto bo), slypstene en skoonmaakm­iddels (middel), en moderne tonteldose en vonkmakers (onder), tot die gesofistik­eerde Precision Kits, wat vir skerpmaakk­undiges ontwerp is.

Smith’s Sharpeners sluit in handgemaak­te en elektriese produkte wat ’n verskeiden­heid growwe materiaal bevat, onder meer diamante, karbied, keramiek, versterkte sintetiese skuurmidde­ls en Arkenese stene. Dié skerpmaker­s is geskik vir alle lemme, soos reguit saagtandsk­êre, skrapers, vishoeke en enige gepunte voorwerpe. Daar is ook produkte wat geskik is vir gebruik in die veld of in jou kombuis. PRYS: Vanaf R225 (vir vonkmakers), R470 (vir slypstene) en R595 (vir vastehoeks­kerpmakers).

NAVRAE: Webwerf: www.awesometoo­ls.co.za, e-pos: info@awesometoo­ls.co.za, tel. 021 981 6672.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa