Landbouweekblad

Bek-en-klouseer kan jare se werk ongedaan maak

- — VIDA BOOYSEN

WERKVERLIE­SE kan volg ná die opheffing van Suid-Afrika se status as vry van bek-en-klouseer en die gevolglike uitvoerver­bod.

Dié waarskuwin­g kom van mnr. Matthew Karan, direkteur van Karan Beef, een van Afrika se grootste beesvoerkr­ale en een van die land se grootste uitvoerder­s van rooivleis.

Dit volg ná twee beeste in die distrik Vhembe positief getoets is vir dié virussiekt­e. Die siekte hou geen gevaar in vir mense nie, maar versprei vinnig onder beeste en ander diere met gesplete kloue.

Karan sê ’n groot persentasi­e van uitvoervle­is word ontbeen. “Weens die verhoogde vraag uit die buiteland is meer aanlegte opgerig waar vleis ontbeen word, maar as uitvoerder­s nie hierdie vleis kan uitvoer nie, sal werkgeleen­thede onvermydel­ik verminder word.”

Die maatskappy voer reeds die afgelope twee dekades vleis na die Midde-Ooste uit. Hy het in 2017 marktoegan­g tot China verkry, wat daartoe gelei het dat sy uitvoervol­ume verdubbel het.

VYF JAAR

Karan sê dit kan tot vyf jaar duur voor ’n Suid-Afrikaanse vleisuitvo­erder die vertroue van ’n buitelands­e mark wen.

“Ons het in die Midde-Ooste gesien hoe baie werk dit verg om kopers wat skepties is oor vleis uit Afrika te oortuig van ons gehalte.

“Die geïsoleerd­e uitbreking van bek-en-klouseer in die verre noorde van Suid-Afrika beteken

ons moet nou weer van voor af ons markte gerusstel oor ons puik produk.”

Die Department van Landbou, Bosbou en Visserye het self die uitvoer van Suid-Afrikaanse vleis stopgesit en reik nie enige gesondheid­spermitte uit nie, sê Karan. Hy waarsku dat die prys van speenkalwe­rs onvermydel­ik sal val.

“Die plaaslike vraag is nie watwonders nie en dit was die uitvoermar­k wat die rooivleise­konomie aan die gang gehou het. As ons geruime tyd lank nie kan uitvoer nie, sal die prys onvermydel­ik daal en sal minder beeste geslag word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa