Landbouweekblad

BEDRYF SOEK SIGOREIBOE­RE

- — JOHAN COETSEE

Die Suid-Afrikaanse sigoreibed­ryf, wat grootliks in die omgewing van Alexandria in die Oos-Kaap gesentreer is, lewer tans gemiddeld 13 000 ton tot 14 000 ton nat wortels per jaar, maar die Suid-Afrikaanse verbruik beloop sowat 20 000 ton per jaar. Die tekort word aangevul met invoer uit Indië.

“Daarom soek ons meer boere wat dit onder besproeiin­g kan verbou,” sê mnr. Craig Elliott van Sigorei SA op Alexandria.

“Ons gee daarom ook heelwat aandag daaraan om biologiese sigoreiboe­rderyprakt­yke te ontwikkel,” sê hy.

Tot sowat 12 jaar gelede was daar sowat 100 sigoreiboe­re bedrywig, maar die getal het drasties afgeneem tot minder as ’n kwart daarvan weens probleme met minimumloo­nwetgewing en verblyfreg­kwessies. Talle kleiner sigoreiboe­re het bloot opgehou boer, want sigoreipro­duksie is baie arbeidsint­ensief, en hulle het genoeg gehad van arbeidspro­bleme.

Elliott sê die plaaslike vraag styg geleidelik, maar produksie is geknel deur die ernstige droogte van die afgelope drie jaar in die produksieg­ebiede. Sigorei word ook by Hanky, Patensie, in die Visrivierv­allei naby Somerset-Oos en by Cradock verbou.

Suid-Afrikaanse sigorei is van puik gehalte en vergelyk goed met dié van die groot produksiel­ande, waaronder Frankryk, België en Indië.

Hoewel geen regstreeks­e sigoreinav­orsing in Suid-Afrika gedoen word nie, word verskeie buitelands­e kultivars wel deur Sigorei SA op Alexandria geëvalueer. “Die belangriks­te kultivar wat plaaslik aangeplant word, is Orchies, ’n Franse kultivar. Die huidige produsente­prys vir sigorei is R1 900/ton, wat ’n taamlike styging is van die R1 200/ ton sowat vier jaar gelede (2015).”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa