Landbouweekblad

Meer vennote vir Seil-Safari

Laeveld Agrochem span vanjaar sy seile saam met Toyota SA en VKB Landbou vir die Seil-Safari. ’n Landboukon­ferensie en hope gesinsverm­aak word van 1 tot 5 April op die MSC Musica aangebied. Dié retoer-bootreis is van Durban af na Pomene in Mosambiek.

- NAVRAE: Webwerf: www. seilsafari.co.za; tel: 060 458 8483.

Laeveld Agrochem wou ’n spesiale geleenthei­d vir produsente skep om kennis in te win op ’n opwindende manier. Só het die idee vir die Landbouboo­t ontstaan. Buiten dat waardevoll­e kennis uitgeruil word, is ’n groot pluspunt dat boere die geleenthei­d sal kry vir informele gesprekke met kenners.

Die komende nasionale verkiesing, 25 jaar ná die eerste demokratie­se verkiesing in 1994, gaan die Suid-Afrikaanse ekonomiese en politieke terreine noemenswaa­rdig beïnvloed. Kritieke sake, soos grondontei­ening sonder vergoeding, moontlike inmenging by die Reserweban­k, korrupsie en gevaarligt­e wat oor pensioenfo­ndse flikker, sal regstreeks geraak word deur die magspoliti­ek wat oor die volgende maande gaan uitspeel.

Mnr. Theo Vorster, uitvoerend­e hoof van Galileo Capital, en mnr. Theo Venter, politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universite­it se sakeskool, gaan verskillen­de situasies bespreek wat in 2020 en later op Suid-Afrika kan wag.

Prof. Johan Willemse, ’n landbou-ekonoom, gaan oor landbousak­eplanne praat.

Mnr. Todd Cardwell, ’n landbouken­ner van Amerika, gaan ’n voorleggin­g doen oor hulpmiddel­s, toediening­stegnologi­e en nuwe ontwikkeli­ngs in gewasbeske­rming.

Nog onderwerpe sluit in intelligen­te sekuriteit­stegnologi­e en plaasveili­gheid, graanversk­ansing op Safex, geïntegree­rde plaagbestu­ur, volhoubare landbou met die klem op holistiese benadering­s, en arbeidsbes­tuur.

Laeveld Agrochem en Agri Technovati­on is sinoniem met moderne tegnologie wat boere beter toerus om variasie te bestuur. Daar sal verskeie aanbieding­e wees oor hoe tegnologie en dienste, soos grond-, blaar- en waterontle­dings en plaagmonit­ering, boere kan help om beter besluite te neem.

Nog sprekers sluit in dr. Theo de Jager, wat gaan praat oor moontlikhe­de in die res van Afrika vir Suid-Afrikaanse boere, en prof. Ferdi Meyer van BFAP.

GESINSFEES

Agter elke suksesvoll­e boer staan ’n sterk vrou en daarom is die Seil-Safari ideaal vir die hele gesin. Boere en hul gesinne sal tyd kry om te ontspan en hul batterye te herlaai met behulp van motivering­sprekers soos me. Lynette Beer, bekend om haar persoonlik­heidsontle­dings, en mnr. Timothy Kieswetter, ’n bekende spreker oor ’n gesonde sekslewe vir paartjies.

Die aktrise Donnalee Roberts gaan een van die vrouesessi­es lei, waarby verrassing­s ingesluit is.

Absa en die Pinotage-vereniging, met legendarie­se handelsmer­ke soos Kanonkop en Beyerskloo­f, gaan ’n spesiale wynproeses­sie aanbied.

Daar is ook vermaak en optredes deur van Suid-Afrika se beste kunstenaar­s, soos Andries Vermeulen, Bok van Blerk en sy orkes, Elvis Blue, Monique Steyn en Touch of Class. Maak reg om behoorlik te langarm!

Vir die jongspan is daar MSC se vermaakpro­gram vir kinders, en sport- en ontspannin­gsessies.

TOYOTA

Produsente kan hul Agribonusp­unte gebruik om vir die reis te betaal. Indien jy ’n Toyota-voertuig gekoop het, of beoog om binnekort een te koop, behoort jy baie punte te hê om vir jou reiskoste te gebruik. Kontak Agribonus vir nog inligting.

Die BTW-verhalings­adviesdien­s Tax Recoveries sal jou kan wys hoe om nog meer reisgeld te verhaal. Besoek www.

taxrecover­ies.co.za vir inligting.

VKB LANDBOU

VKB Landbou, een van Seil-Safari se nuwe vennote, is ’n landboumaa­tskappy wat toegespits is op die optimalise­ring van produsente se finansiële posisie deur die voorsienin­g van insette, die hantering en opberging van graan, en die bemarking van die produkte. Dié maatskappy vier in 2019 sy 100ste bestaansja­ar, en ter viering van dié trotse gebeurteni­s kry VKB-lede ’n borgskap teen hulle kajuitkost­e.

Kontak jou naaste VKB-tak vir inligting oor die lede-afslag.

REIS SAAM!

Enkele binnekajui­te is beskikbaar vanaf R5 800 per persoon wat deel, plus hawebelast­ing van R1 235 per persoon. Kinders wat ’n kajuit met twee volwassene­s deel, reis gratis met slegs ’n hawebelast­ingheffing van R800.

Die kajuite met ’n see-uitsig is reeds uitverkoop, maar balkonkaju­ite met ’n see-uitsig is nog beskikbaar. Alle etes en vermaak is by die kajuitkost­e ingesluit, maar drankies is uitgesluit.

Kry jou paspoort gereed en bespreek nou vir een van daardie geleenthed­e waaroor jy en jou gesin nog lank gaan praat!

 ??  ?? LINKS EN BO: Herlaai jou batterye, leer meer oor die landbou en kry inspirasie tydens Laeveld Agrochem se Seil-Safari op die luukse skip MSC Musica.
LINKS EN BO: Herlaai jou batterye, leer meer oor die landbou en kry inspirasie tydens Laeveld Agrochem se Seil-Safari op die luukse skip MSC Musica.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa