Landbouweekblad

Swak koringprys­e: Skuld lê by kopers, nie differensi­aal

- — AMELIA GENIS

DIE grootste probleem wat koringboer­e in die Wes-Kaap het, is die wanbalans in mag tussen koringprod­usente en kopers, en die feit dat daar so min kopers is.

“Ek glo jul fundamente­le probleem is die gebrek aan mededinger­s om jul graan te koop,” het prof. Matt Roberts, ’n graanmarkk­enner van Amerika, die koringprys­situasie op Graan SA se streekverg­adering op Rietpoel opgesom.

Roberts, wat in Suid-Afrika is om die liggingsdi­fferensiaa­l te ondersoek, sê dié probleme gaan nie opgelos word deur die differensi­aal af te skaf nie. Volgens hom moet boere besef dat, as hy sy vingers kon klap en die differensi­aal in die niet laat verdwyn, hy hulle kan waarborg dat Suid-Afrika se landbousek­tor in sy geheel swakker daaraan toe sal wees. Hy het ook gesê boere moet dink wat met die Safex-prys gaan gebeur as die differensi­aal afgeskaf word.

Roberts, wat hier is op uitno- diging van die Johannesbu­rgse Sekuriteit­ebeurs (JSE), het die Safex-liggingsdi­fferensiaa­lstelsel ook in 2009 op versoek van Graan SA en die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d (NLBR) ondersoek. Hy het toe aanbeveel dat die differensi­aal behou moet word en dat die bedryf moet kyk na maniere om inligting en toegang tot inligting op die mark te verbeter. Daarbenewe­ns moet die bedryf ’n gereelde verslag opstel oor markdeelne­mers se posisies op die mark en dit oorweeg om ’n elektronie­se verhandeli­ngsplatfor­m vir silo-sertifikat­e in te stel.

ANDERS

Roberts sê een van die dinge wat hierdie keer anders is as in 2009 en ’n groot invloed kan hê, is die wisselwerk­ing tussen die invoerpari­teitsprys en Safex, veral omdat Suid-Afrika ’n netto invoerder van koring is.

Van die boere by die Rietpoelve­rgadering was ongemaklik daarmee dat Roberts deur die JSE betaal word, maar Roberts het opgemerk dat hy gemaklik is daarmee om die mense wat hom betaal, kwaad te maak.

‘STAAN SAAM’

Roberts het einde Januarie in Suid-Afrika geland om vir twee weke met belanghebb­endes in die graanbedry­f te praat en inligting in te samel vir die verslag wat hy in opdrag van die JSE moet skryf. Die Graan SA-streekverg­adering op 29 Januarie op Rietpoel was een van sy eerste gesprekke. Dit was dus te vroeg om aanbevelin­gs te verwag.

Hoewel hy erken dat ongelyke magsverhou­dings ’n probleem is, is dit iets wat hy nie kan oplos nie. Hy het voorgestel dat koringboer­e dit weer oorweeg om ’n “koperkoöpe­rasie wat deur kopers besit word” te stig. “Bou jul eie markmag.” Mnr. Lourens van Eeden, ’n boer van Swellendam, het gesê hulle hét so iets gehad, maar dit het misluk omdat van die boere hul aandele in die ondernemin­g verkoop het. “Ons moet iets doen aan die ongelyke markmag. Niks gaan verander as ons nie iets daaraan doen nie.”

Roberts meen die enigste ander manier om die magsbalans te verander is deur wetgewing, maar dis nie iets wat hy kan takel nie.

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Prof. Matt Roberts
FOTO: AMELIA GENIS Prof. Matt Roberts

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa