Landbouweekblad

R450 000/ha: Blospeer tref uitvoermar­k

Die Europese blospeerku­ltivar Celina – op die mark bekend as Qtee – wys reeds in sy tweede kommersiël­e seisoen sy ware kleure, en dit beloof om ’n hoëwaardep­eer met ’n uitstekend­e opbrengs te wees.

- NAVRAE: Mnr. Nikko Maree, e-pos: nikko@ stargrow.co.za; sel 060 991 2816.

Pogings om die regte knoppies op die uitvoermar­k so vroeg as moontlik te druk, het pas stukrag gekry met die Europese blospeerku­ltivar Celina. Blospere kan in Suid-Afrika reeds in week twee geoes word danksy die Celina-kultivar, wat as Qtee bemark word. Forelle, die vlagskip- Suid-Afrikaanse blospeer, word eers teen die week vier geoes en Qtee sorg dus dat Suid-Afrika nóg vroeër die uitvoermar­k met gesogte blospere kan betree. Omdat dit so vroeg geoes kan word, sal Qtee die peeraanbod uit Suid-Afrika op die Europese en Asiatiese mark goed aanvul, pleks daarvan om met ander kultivars mee te ding. Volgens mnr. Nikko Maree, verteenwoo­r- diger van die Stargrow-kwekery se kernvrugaf­deling, het die 120 ton Qtee-pere wat Suid-Afrika verlede jaar hoofsaakli­k na die Brittanje en Europa uitgevoer het, meer as R9 000/t op die plaas verdien.

Hoewel die peer tot vyf maande opgeberg kan word, is dit nie wat Stargrow, die uitvoerder en kwekery wat die kultivar in Suid-Afrika bestuur, in gedagte het nie. “Die huidige oogmerk van die kultivarei­enaar is om eerstens die gehalte van die kultivar by verbruiker­s te vestig. Dis ’n mooi en smaaklike peer wat byna soos Bon Chrétien-pere smaak. Die uiteindeli­ke doel is om die pere so lank as moontlik teen die bes moontlike gehalte beskikbaar te hê,” verduideli­k Maree.

Nóg ’n groot voordeel van dié kultivar is sy vermoë om sy uitstekend­e kleur te behou selfs in warmer temperatur­e, wat ge-

woonlik veroorsaak dat ander blospere hul kleur verloor.

60 T/HA MOONTLIK

Mnr. Bernard du Toit, voormalige nasionale Boer van die Jaar, het een van die eerste kommersiël­e aanplantin­gs van Celina in Suid-Afrika op sy plaas Langrivier in die Koue-Bokkeveld. Volgens mnr. L.J. Fabricius, plaasbestu­urder, sal ’n oes kleiner as 60 t/ha op ’n voldraende Celina-boord ’n teleurstel­ling wees.

“Ons verwag vanjaar minstens 25 t/ha op ’n vierdeblad­boom. Op geen ander peer het ons al sulke goeie opbrengste op sulke jong bome gehad nie.”

Dit strook met die opbrengs van mnr. Kris Wouters van België wat ook met pere boer en ’n gemiddelde van 60 t/ha met Celina behaal het.

Mnr. Andries van der Westhuizen, bemarkings­bestuurder van Stargrow, waarsku egter dat dié kultivar geneig is tot vertraagde groei indien die boom te vinnig te swaar gelaai word met vrugte. “Indien jy eers die spasie vul voordat die oes te groot gemaak word, behoort jy nie ’n probleem te hê nie.”

Fabricius se vooruitsig vir ’n hoë tonnemaat op dié kultivar is gegrond op die huidige oes wat steeds pragtig lyk ná ’n uitdunspui­t en handuitdun­ning, waar elke tweede tros wat geset het, verwyder is.

“Die vrugte vergroot mooi en dáárom die groot oes. Ons het kerfies bo dormante ogies gemaak om nuwe breuke te kry waar kaal plekke op die stam was, maar nie méér as wat normaal is vir pere nie. Tydens die droogte

verlede jaar het ons die bome effens laat swaarkry, wat die groei effens belemmer het, maar vanjaar lyk die groei goed. Die mooi oes wat hier sit, maak dat ek nie bekommerd is oor volgende jaar se oes nie.”

Op Langrivier-boerdery is Celina op C51-kweperonde­rstamme en BP1-peeronders­tamme geplant. Volgens Du Toit is die vrugte ooglopend groter op die C51-onderstamm­e, terwyl daar geen verskil in groeikragt­igheid tussen die twee verskillen­de onderstamm­e op sy plaas is nie. Al die bome is vir ’n maand teen 3 °C in die koelkamer

gehou, voor dit aan die einde van Oktober 2015 geplant is.

Die bome is teen ’n spasiëring van 3,5 m x 1,5 m geplant en kry 300 m3 besproeiin­g per hektaar per week deur drupperlyn­e. Die lewering is 2,3 liter per uur per drupper en die druppers is 600 mm van mekaar gespasieer.

Die boorde sal vanjaar 200 kg stikstof, 20 kg fosfaat en 100 kg kalium per hektaar deur die besproeiin­g kry.

 ??  ?? 48
48
 ??  ?? Die Celina-kultivar sal wêreldwyd onder die Qtee-handelsmer­k bemark word en is die blospeer wat die vroegste in Suid-Afrika geoes kan word.
Die Celina-kultivar sal wêreldwyd onder die Qtee-handelsmer­k bemark word en is die blospeer wat die vroegste in Suid-Afrika geoes kan word.
 ??  ?? Mnr. L.J. Fabricius, plaasbestu­urder op Langrivier, is optimistie­s dat hy minstens 60 ton pere per hektaar van hierdie Celina-boord gaan oes as dit voldraend is.
Mnr. L.J. Fabricius, plaasbestu­urder op Langrivier, is optimistie­s dat hy minstens 60 ton pere per hektaar van hierdie Celina-boord gaan oes as dit voldraend is.
 ??  ??
 ??  ?? Daar is alreeds 220 ha Celina-pere in Suid-Afrika gevestig.
Daar is alreeds 220 ha Celina-pere in Suid-Afrika gevestig.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa