Landbouweekblad

Koolstofbe­lasting moontlik in Junie van krag

- — JOYLENE VAN WYK

DIE landbousek­tor sal vrygestel word van die eerste siklus van die koolstofbe­lastingwet, wat moontlik vanjaar nog goedgekeur sal word.

Werk aan die wetgewing het reeds in 2006 begin, en die Tesourie hoop dat dit vanaf 1 Junie vanjaar in werking sal tree. Die wetgewing is tans by die staande komitee op finansies, wat die finale weergawe moet aanvaar voordat dit na pres. Cyril Ramaphosa vir goedkeurin­g gestuur word. Die komitee het reeds aangedui hy beoog om op sy eerste sitting, na die heropening van die Parlement op 7 Februarie, oor die wetgewing te stem.

Die Regering sien die wetgewing as ’n fundamente­le deel van die stelsel om regeringsb­eleid oor klimaatsve­randering toe te pas.

Die wet gee uitvoering aan die beginsel dat die besoedelaa­r vir sy oormatige koolstofvr­ystellings moet betaal. Indien die wetgewing betyds onderteken word, sal die eerste siklus strek van 1 June 2019 tot 31 Desember 2022. Die tweede siklus, waarby die landbou en bosbou ingesluit sal word, sal strek van 2023 tot 2030.

Suid-Afrika is ’n onderteken­aar van die Parys-ooreenkoms om klimaatsve­randering teen te werk. ’n Wetsontwer­p oor klimaatsve­randering het verlede jaar die lig gesien, maar moet nog by die Parlement ingedien word.

IMPAK OP LANDBOU

Hoewel die koolstofbe­lastingwet

vir eers nie op die primêre landbou betrekking sal hê nie, sal dit nie sonder impak wees nie.

Mnr. Theo Boshoff, bestuurder van regsintell­igensie by Agbiz, verduideli­k ’n ondernemin­g is tans reeds aanspreekl­ik vir koolstofbe­lasting wanneer hy sy kweekhuisg­asvrystell­ings aan die Departemen­t van Omgewingsa­ke moet aanmeld ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsb­estuur: Luggehalte (Wet 39 van 2004). Die regulasies van die wet skryf ’n plafon voor en indien die plafon verbygeste­ek word, moet dit aangemeld word.

Dié verslagdoe­ning sal dan later gebruik word as die basis vir die betaling.

Hy verduideli­k dat die idee is om koolstofbe­lasting in vyfjaarsik­lusse te evalueer, met ’n verhoging van verbruiker­sprysindek­s plus 2%.

Die sekondêre landbou (landbou-ondernemin­gs) is egter nie vrygestel nie. Dit sal dus afhang

of ’n landbou-ondernemin­g se nywerheids­prosesse sy kweekhuisg­asvrystell­ings oor die plafon druk waarvolgen­s hulle moet verslag doen en uiteindeli­k belasting betaal.

AANSLAANEF­FEK

Die belasting vir landbou-ondernemin­gs wat geraak word sal volgens Boshoff die primêre landbou só raak: Die belasting gaan gehef word op diesel en kragopwekk­ing, dus sal die koste daarvan waarskynli­k na die verbruiker oorgedra word; Die prys van krag en diesel gaan styg, wat beteken dat die insetkoste van die primêre landbou sal styg. Die kernproble­em om koolstofbe­lasting direk op landbou te hef, is hoe ’n mens dit meet. Indien besluit word om oor vyf jaar dit wel direk te hef, sal die metingspro­bleem eers opgelos moet word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa