Landbouweekblad

AfriForum wil weer buiteland betrek in stryd teen plaasmoord­e

- ANNEMARIE VAN BURICK

’N PLAASVEILI­GHEIDSOUDI­T, meer bewusmakin­gsveldtogt­e in die buiteland en ’n voorleggin­g in die Parlement is deel van AfriForum se verskerpte veldtog teen plaasmoord­e in die komende jaar.

Mnr. Ernst Roets, adjunk- uitvoerend­e hoof van AfriForum, het die burgerregt­e-organisasi­e se aksieplan in Pretoria bekend gestel. Hy het by die geleenthei­d gesê hoewel daar in 2018 ’n afname in plaasmoord­e was, het plaasaanva­lle skerp gestyg. ’n Ontleding deur AfriForum se gemeenskap­sveilighei­dsafdeling het bevind dat daar in 2018 sowat 433 plaasaanva­lle en 54 plaasmoord­e was.

In 2017 was daar 72 moorde en 342 aanvalle (91 minder). AfriForum sê dit dui daarop dat, hoewel die probleem vererger, mense beter omsien na hul veiligheid en nie wag om vermoor te word nie. “Die plaasgemee­nskap is meer voorbereid en baklei terug. Gevolglik is daar ’n afname in moorde.”

In 2018 het gemiddeld 1,04 moorde per week en 1,2 aanvalle per dag plaasgevin­d. Die meeste aanvalle was gedurende Februarie, toe 45 mense aangeval is. Volgens die ontleding is daar telkens gemiddeld drie aanvallers betrokke.

Plaaswerke­rs word deur een uit elke tien aanvalle geraak, of hulle is self die teiken van die aanval.

VEILIGHEID­SOUDIT

Op plaaslike vlak wil AfriForum veiligheid­strukture versterk deur beter kommunikas­ieprosesse en opleiding te vestig. “Ons wil ’n plaasveili­gheidsoudi­t onder AfriForum se lede doen om vas te stel wat die risiko’s is en wat daaraan gedoen kan word,” het Roets gesê.

Die nasionale aksieplan behels ’n voorleggin­g in die Parlement oor die impak van plaasmoord­e en stappe wat die Regering kan doen. Met die Wilmien Potgieter-fonds wat op 1 Februarie van stapel gestuur is, wil AfriForum kinders wie se lewe deur plaasaanva­lle geraak is, geldelik bystaan.

Die Potgieter-gesin – Attie, sy vrou, Wilna, en hul tweejarige dogter, Wilmien – is in 2010 wreed op hul plaas naby Lindley in die Vrystaat vermoor. “Ons wil kinders help met skool- en universite­itsgeld. As daar genoeg geld ingesamel word, sal ons ook help met traumabera­ding,” het Roets gesê.

’n Opvolgskak­eltoer na Amerika word vir April beoog as deel van AfriForum se internasio­nale aksie. Pres. Donald Trump van Amerika het onlangs wetgewing onderteken wat daarop gemik is om volksmoord­e en wandade te voorkom. AfriForum gaan dit bestudeer om te kyk hoe dit gebruik kan word in die stryd teen plaasmoord­e.

DRUK OP REGERING

’n Opvolgtoer na Australië en besoeke aan ander lande word ook beoog. “Ons wil bewustheid kweek en steun werf, sodat druk op die Suid-Afrikaanse Regering uitgeoefen kan word om in te gryp,” het Roets gesê.

Mnr. Ian Cameron, hoof van gemeenskap­sveilighei­d by AfriForum, het gesê die Regering probeer die erns van die probleem onderbekle­mtoon.

Roets het ontken dat AfriForum aan die wêreld verkondig dat daar ’n wit volksmoord in Suid-Afrika is. “Dit beteken egter nie hier is nie ’n ernstige krisis nie. Plaasaanva­lle is uniek weens die gereelde voorkoms daarvan, die gewelddadi­gheid wat daarmee gepaardgaa­n, die rol wat die landbou plaaslik speel om werk te skep en voedselsek­erheid te verseker, asook die feit dat boere ver van die polisie en hul bure woon.”

DATA-INSAMELING

Landbouwee­kblad het verlede maand berig dat TLU SA 382 plaasaanva­lle en 53 moorde op plase in 2018 aangeteken het, teenoor 423 aanvalle en 80 moorde in 2017.

Cameron het by navraag gesê AfriForum se syfers verskil hiervan, omdat elke organisasi­e sy eie stelsel en infrastruk­tuur gebruik om data in te samel. AfriForum ontvang inligting van sy lede, en elke aangemelde voorval word by die polisie bevestig.

Genl. Chris van Zyl, adjunkhoof­bestuurder van TLU SA, sê die aanvalsyfe­r verskil omdat dit ingewikkel­der is om die statistiek­e by te hou weens die baie grys gebiede, soos kleinhoewe­s en wildsplase. TLU SA se jongste syfers is 54 moorde en 394 aanvalle in 2018.

 ?? FOTO: ANNEMARIE VAN BURICK ?? Mnre. Ernst Roets (links) en Ian Cameron van AfriForum by die bekendstel­ling van die aksieplan.
FOTO: ANNEMARIE VAN BURICK Mnre. Ernst Roets (links) en Ian Cameron van AfriForum by die bekendstel­ling van die aksieplan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa