Landbouweekblad

Só vorder aansoeke vir rampverkla­rings

- — ALANI JANEKE

HOEWEL die Departemen­t van Samewerken­de Regering kort voor druktyd aangedui het dat geen aansoeke om rampstatus van munisipali­teite of provinsies nog ontvang is of tans hangende is nie, bearbei die georganise­erde landbou in die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap tans owerhede in dié verband.

’n Rampverkla­ring maak dit moontlik vir bykomende staatsgeld om deur middel van munisipale, provinsial­e of nasionale owerhede aan boere beskikbaar gestel te word.

Boere in die Vrystaat word aangemoedi­g om by hul plaasli- ke landbouvoo­rligtingsb­eamptes aansoek te doen om droogtehul­p van die staat nadat Vrystaat Landbou verlede week ingelig is dat die nodige vorms by dié beamptes beskikbaar is.

Dit volg ná die Vrystaatse departemen­t van landbou gereageer het op ’n brief wat dr. Roy Jankielsoh­n, Vrystaatse DA-leier, tot die provinsial­e owerheid gerig het om die provinsie tot ’n rampgebied te laat verklaar.

SPERTYD

Dr. Jack Armour, bedryfsbes­tuurder van Vrystaat Landbou, en mnr. Gerhard Kriel, uitvoe- rende hoof, het reeds op 14 September verlede jaar ’n brief aan dr. Bennie Molokoane, Vrystaatse LUR vir landbou, en mnr. Markus Butler, direkteur van die Vrystaatse rampbestuu­rsentrum, gestuur om bystand vir hulpbehoew­ende boere in veral die Wes-Vrystaat te versoek.

Armour sê die nodige vorms moet teen 15 Februarie by die voorligtin­gsbeamptes ingehandig wees. Die toedrag van sake sal op ’n vergaderin­g einde Februarie bespreek word.

Intussen gaan prosesse vir droogtehul­p in die Noord-Kaap en Noordwes voort.

Volgens Agri Noord-Kaap het talle munisipali­teite stappe gedoen om tot rampgebied­e verklaar te word. Mnr. Naudé Pienaar, assistent-hoofbestuu­rder van Agri Noordwes, sê sy organi-

sasie is besig met samespreki­ngs met die departemen­t van landbou in Noordwes en die provinsial­e rampbestuu­rsentrum.

Boere wat nog inligting oor die droogtehul­pvorms in die Vrystaat benodig, kan die organisasi­e bel by tel. 051 444 4609.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa