Landbouweekblad

Dié week in die landbou

-

EINDELIK, REËN!

Reën het verlede week oor verskeie droogteget­eisterde dele van die land uitgesak. By Tarkastad (bo) het 50 mm binne ’n paar uur geval. Ongelukkig was die reën in baie gevalle uiters gelokalise­erd, met neerslae wat van stofnat tot 30 mm gewissel het in die distrik Hertzogvil­le in die Vrystaat. Van die plekke wat teen druktyd (30 Januarie) redelike reën gekry het, was Bloemhof in Noordwes (41 mm), Cradock en Queenstown in die Oos-Kaap (onderskeid­elik 28 mm en 26 mm), De Aar en Kuruman in die Noord-Kaap (17 mm elk) en Bloemfonte­in (16 mm).

 ?? FOTO: JOHAN PRETORIUS ??
FOTO: JOHAN PRETORIUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa