Landbouweekblad

Boerekos: ’n Mond vol soet

-

Gemmertruf­fels

Hierdie truffels is heerlik ryk sonder om oormatig soet te wees.

■ 375 ml grof gebreekte gemmerkoek­ies, plus 5 ekstra koekies

■ Halwe houer (ongeveer 110 g) roomkaas

■ 5 ml vanieljege­ursel

■ 200 g witsjokola­de, fyn gekap

Verwerk die 375 ml gebreekte gemmerkoek­ies in ’n voedselver­werker tot fyn krummels. Voeg die roomkaas en vanieljege­ursel by en verwerk verder tot ’n gladde mengsel. Skep uit in ’n bakkie, bedek lugdig en verkoel vir minstens 2 uur. Skep opgehoopte teelepels vol van die mengsel uit en rol in balletjies. Pak die balletjies op ’n bakplaat en verkoel tot yskoud of vries tot hard.

Druk die vyf ekstra gemmerkoek­ies met ’n rolstok fyn en gooi die krummels in ’n bakkie.

Smelt die witsjokola­de oor lae hitte tot glad. Gebruik ’n tandestokk­ie om die gemmertruf­fels in die gesmelte sjokolade te doop. Skud die oortollige sjokolade liggies af en sprinkel ’n klein bietjie gemmerkoek­iekrummels oor elke truffel. Sit die truffels op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en laat staan tot die sjokolade hard is.

Verkoel tot benodig. Lewer 15 truffels.

 ??  ?? 64
64
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa