Landbouweekblad

Markte

- — VIDA BOOYSEN

’n Kleiner as verwagte Suid-Afrikaanse grondboono­es kan ’n gaping vir kettingwin­kelgroepe laat om groter hoeveelhed­e goedkoop grondboonb­otter uit Indië in te voer.

Dít is een van die probleme wat plaaslike boere en verwerkers vanjaar in die gesig staar, sê mnr. Alfonso Visser, uitvoerend­e hoof van die Golden Peanut & Tree Nut Company.

“Indië se grondboonp­rys is die laagste ter wêreld. Dit kan die broodnodig­e styging in die plaaslike prys kniehalter.”

Die droogte en laat reën het grondboona­anplanting­s in die somer geknou. Die gewas is gevoelig vir ongunstige klimaat. “Die afname in grondboona­anplanting­s weens die laat reënval was die grootste in die Vrystaat. Daar is minder as 20% van die normale aanplantin­gs gedoen – veral by Bultfontei­n en Hoopstad,” sê Visser.

Oos van Viljoenskr­oon het dit effens beter gegaan.

Noordwes se aanplantin­g is ook minder as 30% van die voorneme en langtermyn­gemiddelde, sê Visser.

Die Oesskattin­gskomitee het verlede Oktober berig dat die aanplantin­gs van grondbone met 11,2%, of 6 300 ha, kan afneem – van 56 300 ha tot 50 000 ha. Dié aantal hektare kan weens die ongunstige klimaatsto­estande nog minder wees.

Visser sê die droëlandgr­ondbone ontwikkel baie stadiger weens die temperatuu­r wat bo 36 °C is en die min grondvog.

“Vanjaar is ons dankbaar dat daar wel besproeiin­gsaanplant­ings van grondbone is waar die grootste persentasi­e saadvermee­rdering gedoen is om te verseker dat daar genoeg saad vir 2019-’20 is.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa