Landbouweekblad

Veilingsve­rslae

-

Goeie teelmateri­aal behaal altyd hoë pryse, sê dr. Cobus Oberholste­r, hoofbestuu­rder van vee, eiendomme en afslaers by BKB. “Die eeue oue gebruik van gehalte lewer dividende. Goeie ramme behaal hoë pryse, terwyl middelmati­ge diere laer pryse behaal.”

Oberholste­r het BKB se openingsve­iling van sy nuwe seisoen by die Merinostoe­tery Hartebeesf­ontein van mnr. Izak Nel en Seuns van Rouxville as ’n teksboekge­val beskryf. Die duurste ram op dié eerste produksiev­eiling van Hartebeesf­ontein het R75 000 behaal. BKB bied sowat 3 000 ramme op verskillen­de veilings oor die volgende ses weke aan.

“Die feit dat dit nog oor ’n wye gebied droog is, kan die pryse van stoetdiere sywaarts dwing teen die agtergrond van ’n daling in die lamen speenkalfp­rys,” sê hy.

Volgens Oberholste­r is die kleinveebe­dryf steeds in ’n kuddeboufa­se, maar ’n verlangsam­ing van die prysstygin­g vir stoetdiere beteken dat die hoë pryse van die vorige jaar nie nou herhaal sal word nie.

Een van die faktore wat pryse sal laer druk, is die voorkoms van bek-en-klouseer en swakker verkoopsyf­ers in die kleinhande­l verlede Desember.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa