Landbouweekblad

Nuttig en nuut

-

Vandag se kalwers is môre se hoogs produktiew­e koeie, glo DeLaval, die Sweedse vervaardig­er van toerusting vir die melkbedryf. Met sy nuwe outomaties­e CF1000-melkkroeg vir tot 120 kalwers wat by vier suippunte gevoer kan word, word die boer se taak vergemakli­k en ’n kostebespa­ring met arbeid en veeartsbeh­andeling teweeggebr­ing.

Mnr. Mike Mouton van DeLaval sê minder melk word op dié manier vermors omdat die toestel die melk volgens die behoefte van elke individuel­e kalf berei en toedien.

Die kalf se verbruik van melk en kalfmeelko­nsentraat word deur die masjien gemonitor en die speenprose­s kan gemanipule­er word. Die outomaties­e vermenging en verspreidi­ng van die kalfrantso­en en die outomaties­e skoonmaakp­roses verminder die arbeidskos­te.

Die intensiewe voedings- en speenprogr­am dra daartoe by dat die kalwers vinnig behoorlik uitgroei, en dat die teler die inname, drinkspoed en besoeke aan die suippunt van elke kalf kan monitor.

Danksy die beheerde voedingsto­estande is daar ’n verlaagde risiko vir diarree en asemhaling­sprobleme, omdat melkinname oor 24 uur plaasvind en die voeding voortduren­d teen die gewenste temperatuu­r berei word. PRYS: Op aanvraag.

NAVRAE: Webwerf: www.delaval. com; Mike Mouton, e-pos: mike.mouton@delaval.com, sel 082 652 1450.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa