Landbouweekblad

LAAT JOU HOND INENT!

-

Honde-eienaars moet dringend hul diere teen hondesiekt­e laat inent, aangesien dié virus ‒ soortgelyk aan dieeenwatm­aselsbymen­seen runderpes by beeste veroorsaak ‒ vinnig in Suid-Afrika begin versprei. Die Waltloo-tak van die Dierebeske­rmingsvere­niging in Pretoria bestry tans ’n moontlike uitbreking, terwyl die virus reeds gemaai het onder honde in Knysna, Kaapstad, Durban en Johannesbu­rg, sê dr. Elizna Boag, ’n eenheidsbe­stuurder van Afrivet. Jong hondjies van drie tot ses maande is veral vatbaar. “Dis ’n dodelike virus en tot dusver is daar nog geen geneesmidd­el nie. Veeartse kan net ondersteun­ende behandelin­g bied,” sê sy. Boag waarsku honde-eienaars om bedag te wees op vroeë simptome, soos koorsighei­d, verminderd­e eetlus en ’n afskeiding uit die neus en oë. “Inenting is die enigste manier om die siekte te keer,” sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa