Landbouweekblad

BRASILIË GOOI WAL

-

Brasilië se hoenderpro­dusente ontvang nie staatsubsi­dies nie, soos die Suid-Afrikaanse pluimveebe­dryf beweer. Die Brasiliaan­se ambassade skryf in ’n brief in die dagblad Business Day dié land se pluimveebe­dryf “speel volgens die reëls” en hul hoendervle­is “is van hoë gehalte”. Brasiliaan­se produsente­pryse is volgens die ambassade histories hoër as die wêreldgemi­ddelde. Voorts is dit ook onwaar dat Korea, Mexiko en Japan driesyfert­ariewe op Brasiliaan­se hoendervle­is hef. Die ad valoremtar­ief vir ontwikkele­nde lande is 21,11%, en Suid Afrika hef reeds 37% op sommige hoendervle­isprodukte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa