Landbouweekblad

IN ’N BLIK

-

FYN WERK. Skaars drie maande oud en dié Wagyu-versie word aan ’n in vitro-vrugbaarhe­idsprogram onderwerp. Sy is egter net die skenker van eierselle nadat sy met natuurlike hormone behandel is. Dié oesproses van die selle geskied by Absolute Genetics, oos van Bloemfonte­in, en na verneem word is dit die enigste van die embriosent­rums in die land waar dié prosedure uitgevoer word. Dr. Thomas Steyn, ’n veearts en mededirekt­eur van die sentrum, het ’n endoskoop in sy linkerhand, en in sy regterhand ’n instrument waarmee hy die eierselle opsuig. Links is mnr. Ben Pretorius, die bestuurder van die embriosent­rum, en regs is mnr. Daniel Mbeu, wat die span bystaan. Heel links is mnr. Nelson Matele, wat die narkosepro­ses dophou. Hou komende uitgawes van Landbouwee­kblad dop vir nog hieroor.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ??
FOTO: JOHAN NORVAL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa