Landbouweekblad

BYE STAAN WAG BY SONPANELE

-

Moet nooit die waarde van ’n goeie grap onderskat nie. Met sy hande in die hare oor die diefstal van sonpanele op ’n plaas naby Magaliesbu­rg het mnr. Ivan Brown se pa hardop gewonder waarom betonbyeko­rwe nie sommer naby die sonpanele opgerig kan word nie.

Ná ’n slim sweisproje­k is die bye parate sekuriteit­swagte — en die Browns het nog nie weer las gehad van diefstal nie (LBW, 1 Februarie 2019).

ERIK CRONJE skryf: Die probleem is, bye kom nie in die nag uit nie. Hoe dán?

RENE SPAMER skryf: ’n Mens bestee vandag meer tyd en geld aan sekuriteit en die beskerming van diere teen roofdiere as ooit tevore. Dit alles maak jou winsgrens al hoe kleiner. Boerdery is regtig nie ’n grap nie.

ANNELEEN HANEKOM skryf: Ons vul deesdae ons panele se agterkante met beton. Die trekker met laaigraaf kry dit net-net gelig om dit op die staander te sit. Nou steel hulle weer die pompe. Gaan nou blokke daarop ook sit.

JACOBUS ELLIS skryf: Het iemand al uitgewerk hoeveel ons jaarliks aan sekuriteit bestee?

JOHAN SCRIBANTE antwoord: Agri SA het syfers. Iets in die lyn van R6,4 miljard.

JOHAN VISSER skryf: Nou gaan die manne wat bier maak, weer daai korwe oopmaak om die jongby in die hande te kry.

JOHAN WESSELS skryf: Bye slaap snags. Diewe nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa