Landbouweekblad

TRAP JOU EIE DRUIWE

-

Die Franschhoe­kse wynkelder Grande Provence gooi sy plaashekke wyd oop tydens parstyd vir sy jaarlikse Oesfees op 23 Februarie.

Besoekers sal die geleenthei­d kry om self druiwe te pluk en te trap – met die klanke van die vrolike Kaapse Klopse wat die pas gaan aangee. Ná al die harde werk wag ’n lang oestafel gelaai met heerlike kos en wyn, en lekker musiek. Dis ’n perfekte gesinsdag, met verskeie speletjies op die grasperk wat die jongspan sal besig hou.

Koste: R650 (volwassene­s) en R325 (kinders jonger as 12).

NAVRAE (EN BESPREKING­S): Bel 021 876 8600 of e-pos reservatio­ns@grandeprov­ence. co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa