Landbouweekblad

CINSAULT SE TERUGKEER

-

Van die 1950’s tot in die 1970’s het talle klassieke Stellenbos­ch Cabernet Sauvignon-wyne met ’n geheime bestanddee­l gespog. ’n Tikkie Cinsault is bygevoeg om elegansie en parfuumgeu­re te verleen, maar dis selde op die etiket vermeld.

False Bay Vineyards het pas sy eerste Revenant Red bekend gestel, ’n vernuwende versnit van Cabernet Sauvignon en Cinsault – nes die destydse Kaapse meesters dit gemaak het.

Revenant Red 2017 word gemaak van Cinsaultdr­uiwe uit ’n droëlandbo­sstokwinge­rd wat al 35 tot 40 somers agter die blad het. Die Cabernet Sauvignon-druiwe kom uit verskillen­de blokke, waarvan sommige sowat 250 m bo seevlak lê.

Albei kultivars se wingerde het ’n pragtige uitsig oor Valsbaai. Die versnit bestaan uit 80% Cabernet Sauvignon en 20% Cinsault.

Prys: R100 (By die Waterkloof-kelder).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa