Landbouweekblad

VIER DIE OES!

-

Die Melck-familie van Muratie gaan parstyd oudergewoo­nte op feestelike wyse verwelkom met goeie kos, uitstekend­e wyne, lekker geselskap en opgewekte musiek deur die Kitchen Jammin’ Blues Band – en almal is welkom. Die jaarlikse Muratieoes­fees vind op 2 Maart plaas onder die reuse-akkerbome op dié historiese landgoed.

Besoekers kry die kans om wyn te proe en druiwe te trap, en jonges van gees kan selfs ’n trekkerrit deur die wingerd onderneem. Ontspan daarna om die tafel vir ’n luilekker middagete wat deur Muratie se plaaskombu­is voorberei word.

Koste: R120 tot R150 per persoon (wynproe en ander aktiwiteit­e is uitgesluit).

NAVRAE: Bel 021 865 2330 of e-pos info@muratie.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa