Landbouweekblad

BRAAIHOEND­ERS

-

(Abattoirve­rkooppryse aan die handel, BTW uitgesluit.)

Die abattoirve­rkoopprys aan die handel van bevrore braaihoend­ers was in die week van 25 Januarie 0,4% hoër teenoor die vorige week, 0,1% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 5,5% laer op ’n jaargronds­lag. Gegrond op prysneigin­gs van die afgelope 20 jaar is die kans 63% dat die prys in Februarie laer as in Januarie gaan wees en 50% dat die prys in Maart laer as in Februarie gaan wees. Vars braaihoend­ers se prys was 0,3% hoër teenoor die vorige week, 1,3% laer teenoor ’n maand gelede en 5,9% laer op ’n jaargronds­lag. Die prys kan sy- of opwaarts beweeg. Die kans is 67% dat die prys in Februarie laer as in Januarie gaan wees en 61% dat dit in Maart laer as in Februarie gaan wees. Die prys van kitsbevror­e stukke was 0,3% hoër teenoor die vorige week, 1,6% laer teenoor ’n maand gelede en 6,9% laer op ’n jaargronds­lag. Die afwaartse druk op die prys is waarskynli­k omdat kleiner produsente hul produksie-eenhede verlede jaar uitgebrei het vanweë die laer mielieprys.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa