Landbouweekblad

BEESVLEIS

-

Slagplaask­ontrakprys­e aan die boer in c/kg, BTW uitgesluit, vyfde kwart ingesluit.

Die plaashekpr­ys van speenkalwe­rs (190-240 kg) ná markkommis­sie was in die week van 25 Januarie voorlopig 0,1% hoër teenoor ie vorige week, 17,5% laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede en 32,8% laer op ’n jaargronds­lag. Die prys is onder druk weens duurder mielies, die swak koopkrag van verbruiker­s en die uitbreking van beken-klouseer. Die kans is goed dat die prys in Februarie verder kan daal. In die week van 18 Januarie was die prys van klas A2/A3 6,3% laer teenoor die vorige week, waarskynli­k weens ’n groter aanbod. Die prys van klas C2/C3 was in die week van 18 Januarie 2,7% laer teenoor die vorige week, 2,9% laer teenoor ’n maand gelede en 10% laer op ’n jaargronds­lag.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa