Landbouweekblad

VARKVLEIS

-

Slagplaask­ontrakprys­e (c/kg, BTW uitgesluit).

In die week van 18 Januarie was die prys van spekvarke 4,4% laer as in die vorige week, 7,6% laer teenoor die vorige maand en 8,8% laer op ’n jaargronds­lag. Die daling is waarskynli­k die gevolg van groter oordragvoo­rrade vanaf Desember weens druk op die verbruiker se koopkrag. In die week van 25 Januarie kan die prys 0,8% laer wees as in die vorige week, 7,4% laer teenoor ’n maand gelede en 5,1% laer op ’n jaargronds­lag. Die kans is 80% dat die prys in Februarie laer as in Januarie gaan wees. Vleisvarke se prys was in die week van 18 Januarie 6,3% laer teenoor die vorige week, 9,3% laer teenoor die vorige maand en 9% laer op ’n jaargronds­lag. In die week van 25 Januarie kan die prys 1,9% hoër wees teenoor die vorige week, 6,5% laer teenoor ’n maand gelede en 4,4% laer op ’n jaargronds­lag.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa