Landbouweekblad

BRANDSTOFP­RYSE: GOEIE NUUS VERBY

- — NICO VAN BURICK

Ná stewige dalings in brandstofp­ryse die afgelope twee maande wag daar minder goeie nuus op veral petrolverb­ruikers met die aanpassing op 6 Februarie.

Mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB, sê die Sentrale Energiefon­ds se syfers het teen 25 Januarie getoon die gemiddelde onderverha­ling op petrol was sowat 6c per liter, wat dui op ’n styging in die petrolprys. Ten opsigte van diesel was daar ’n gemiddelde oorverhali­ng van sowat 4c per liter, wat tot ’n effense daling kan lei.

“Die twee groot faktore wat die plaaslike brandstofp­ryse bepaal, naamlik die wisselkoer­s en die Brent-ruolieprys, het in Januarie baie wisselvall­ig vertoon.

“Die olieprys het in Januarie weer tot bo $60 per vat gestyg nadat dit einde verlede jaar nog onder $55 per vat was.

“Die redes vir die wisselvall­igheid is onder meer kommer oor die Chinese en internasio­nale ekonomie, die verloop van die handelsoor­log tussen China en Amerika, en pogings van Opul (die organisasi­e van petroleumu­itvoerland­e) om weer lewe in die oliemark te blaas. Die rand verhandel die afgelope paar weke teen R13,65 tot R14 teenoor die dollar.”

Maree sê die sterk dalings in brandstofp­ryse einde verlede jaar was goeie nuus vir verbruiker­s én boere. “Dit het die inflasievo­oruitsigte ook effens beter laat lyk, in so ’n mate dat die Reserweban­k besluit het om die repokoers onverander­d te laat en die bank se inflasieve­rwagtinge afwaarts aan te pas. Ongelukkig het die onlangse styging in die graanpryse die vraag laat ontstaan of voedselpry­se weer skerp kan styg. Die ekonomiese vooruitsig­te vir vanjaar is dus ’n gemengde prentjie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa