Landbouweekblad

PRYSDALING­S IS TYDELIK

- — JOHAN NORVAL

Oberholste­r verwag dat die huidige daling van sowat R10 per kilogram in die speenkalfp­rys tydelik is. Hy is optimistie­s dat enige hoër voorraadvl­akke in die afwesighei­d van uitvoergel­eenthede weens die bek-en-klouseer binnelands verreken sal kan word.

“Die binnelands­e vraag na rooivleis sal na verwagting die huidige aanbod kan hanteer, miskien nie teen die prysvlakke van die vorige 18 maande nie, maar steeds teen aanvaarbar­e pryse.”

Volgens Oberholste­r is dit belangrik dat enige daling in produsente­pryse die verbruiker bevoordeel. Dit sal ook meehelp dat die verbruik van rooivleis bevorder word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa