Landbouweekblad

SWELLENDAM / DORMER / R23 000

-

Die totale aanbod diere is op die produksiev­eiling van Kinko Dormers naby Swellendam verkoop. Die duurste ram (nr. JS17-338) is teen R23 000 aan me. Erika Hanekom van die Rhenosterb­osrug-stoetery, Malmesbury, verkoop. By die ram is, van links, mnr. Marius van Aarde van BKB, Hanekom, mnre. Johan Swart, verkoper, Len Bornman, afslaer, Hennie Hattingh van BKB en Saul Beukes, hanteerder. Stoetramme het gemiddeld R8 584 behaal, die kudderamme gemiddeld R6 333, stoetooie gemiddeld R3 253 en kudde-ooie gemiddeld R3 735. Die duurste geregistre­erde ooi is teen R5 250 aan Bronze Fields Farm van Plettenber­gbaai verkoop. Die veiling is deur BKB aangebied.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa