Landbouweekblad

LANDBOUNUU­S UIT AFRIKA

-

1 ZIMBABWE | Gaan wit boere plase kry?

Wit boere in Zimbabwe kan plase kry in ’n herstruktu­rering van grondbesit wat sal volg ná ’n grondoudit wat tans onderweg is.

Mnr. Douglas Karoro, die land se adjunkmini­ster van grond, landbou, landelike herverstig­ing, water en klimaat, het onlangs in die parlement gesê die oudit sal na verwagting in Maart vanjaar voltooi wees.

Hy sê die regering wil nie kyk na die ras, godsdiens of politieke affiliasie wanneer nuwe plaaseiena­ars oorweeg word nie, maar na ervaring en vaardighei­d.

Zimbabwe se rampspoedi­ge grondhervo­rmingsprog­ram in die vroeë 2000’s het 6 000 wit boere sonder heenkome gelaat en sowat 300 000 swart families gebaat, maar daaronder was ook topamptena­re in die regerende Zanu-PF-party. – Business Day

2 ETHIOPIË | Holland kry slae oor tef-patent

Die Internasio­nale Hof van Justisie in Den Haag het ten gunste van Ethiopië beslis in ’n dispuut oor die eienaarska­p van kossoorte wat met tefmeel gemaak word.

’n Nederlanse maatskappy het in 2003 ’n patent geregistre­er vir tefverwant­e produkte en beweer dit was die idee van ’n mnr. Jans Roosjen.

Ethiopië sê egter dié glutenvrye en voedsame kossoort is reeds duisende jare lank ’n stapelvoed­sel en die Nederlands­e patent weerhou Ethiopiërs daarvan om munt te slaan uit die groeiende gewildheid daarvan. – Mail & Guardian

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa