Landbouweekblad

Tito se bitter aalwyn vir taksbetale­rs

-

‘As ons kyk na wat ons saai en wat ons ploeg en só hard voor werk, sal die saad vrugte dra.’

MANIE (en talle ander mense) het nogal gedink dit was gepas dat mnr. Tito Mboweni, Minister van Finansies, verlede week met sy Begrotings­rede aalwynplan­tjies in die Parlement vertoon het.

Soos wat mnr. Trevor Manuel ’n paar jaar gelede sappige pruime uitgedeel het om te demonstree­r dat ons in ’n land van oorvloed leef, só het Mboweni met sy aalwyn gewys hoe dit situasie verander het.

Hy het gesê saam met hom in die Parlement is ’n “ikoniese Suid-Afrikaanse plant”. Die aalwyn is een van die bekendste Suid-Afrikaanse plante en het ’n lang geskiedeni­s van medisinale gebruik. Dit is gehard, stewig en droogtebes­tand. Dit weerstaan die elemente. Ons moet die bitter saam met die soet vat, het hy gesê.

Voorwaar. Daar was lanklaas só ’n “bitter” Begroting, al was dit soms bedek sodat die invloed daarvan nie dadelik sigbaar was nie. Soos geen aanpassing aan belastingk­erwe nie, wat beteken dat jy in ’n nuwe kerf ná jou verhoging kan beland en só meer belasting moet betaal.

As ’n deeltydse boer het Mboweni in sy beeldspraa­k ook op die landbou gesteun om die situasie waarin die land hom begeef, te verduideli­k. Hy sê die land het die punt bereik waar die sade van hernuwing en groei gesaai moet word. Om dit verder te verwoord, het hy hom tot die Bybel gewend.

Hy het Sagaria 8:12 voorgehou wat lui: “Want die saad van vrede, die wingerdsto­k, sal sy vrug gee, en die aarde sy opbrengs lewer, en die hemel sal sy dou skenk; en die oorblyfsel van hierdie volk sal Ek al hierdie dinge laat beërwe.”

Hy het gewaarsku dat die grond eers bewerk moet word voor die saad met sukses beplant kan word. Daarna moet dit vertroetel word, water kry en beskerm word.

Soms, ten spyte van ons beste pogings, val plae of siektes die groen lote aan, maar dan moet die verrotting weggesny en die plant gesnoei word tot daar groei is.

“As ons kyk na wat ons saai en wat ons ploeg en só hard voor werk sedert die ontstaan van ons demokrasie, sal dit groei en die saad sal vrugte dra. Maar as ons die veld verlaat, sal die saad wat ons geplant het, tot niet gaan,” waarsku hy.

VAN STREPE EN KOLLE

Manie het al gehoor hoe ’n boer van die Wes-Vrystaat vertel dat Suid-Afrika se reënval hom herinner aan ’n wildtuin vol sebras en luiperds: Dit kom streepstre­ep en kol-kol voor. Die huidige somer doen nou klinkend dié gesegde gestand.

Vriende van Manie het twee weke gelede uit Bloemfonte­in laat weet dat die suidelike deel van die stad amper weggespoel het, terwyl die omgewing van Bainsvlei skaars ’n paar druppels gekry het. Slegs twee dae later het Bloemfonte­iners amper Noag se Ark nodig gehad toe tot 100 mm reën binne ’n dag oor die hele

stad uitgesak het.

Dele van die stad het tot 250 mm reën binne drie dae gemeet. “Dit is byna die helfte van die stad se gemiddelde reënval van 520 mm,” het mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g by Santam Landbou, aan ’n joernalis gesê.

In dieselfde week het Manie beelde op die nuuskanaal eNCA gesien oor emmers vol reën wat binne 24 uur oor dele van Limpopo geval het. Volgens die metings het 294 mm reën binne ’n dag oor die distrik Tshanowa geval, terwyl Thohoyando­u op dieselfde dag meer as 200 mm reën gehad het.

Gepraat van baie reën: Manie het na sy asem gesnak toe hy lees van die meer as 2 000 mm reën wat binne tien dae by Townsville in Australië gemeet is. Die Australies­e buro vir meteorolog­ie sê dit is die meeste reën wat al sedert 1888 in dié distrik aangeteken is.

Nou hou Manie sy asem op, want Van den Berg sê vanweë die ooreenkoms­te wat tussen klimaatsto­estande in Oos-Australië en die somerreëng­ebiede van Suid-Afrika bestaan, kan oorstromin­gs, soos dié by Townsville, ook in Suid-Afrika voorkom.

Intussen val die sebra-en-luiperdreë­n ook in distrikte in die Karoo. Sommige boere hoor en sien die donderweer en reën op hul bure se plase sonder om self voordeel te trek. Manie se hart wou breek toe mnr. Martin Dorfling, voorsitter van die landbouver­eniging Willowmore, vertel het hoe ’n wolkbreuk oor dele van dié distrik op een dag tot 40 mm reën gebring het, terwyl daar in ander dele van die gebied in twee weke net 10-20 mm reën gemeet is.

MOENIE VEEDIEWE DIE OORHAND GEE

Veediewe is in die proses om Suid-Afrika se landbou lam te lê. Manie kry toenemend die indruk dat die era van mense wat vee vir die pot steel, finaal verby is en dat georganise­erde sindikate nou in beheer is.

Die groot strewe is nou om die SA Polisiedie­ns se veediefsta­l-eenhede glo onder die Valke geregistre­er te kry, want dáár is meer hulpbronne beskikbaar. Manie neem aan dit beteken dat meer bakkies en beter tegnologie (soos nagsig-toerusting) voortaan beskikbaar sal wees.

Want, wraggies, boere is op hul einde. Hulle wag snags op veediewe, sit hulle vanuit die Vrystaat tot kort voor Johannesbu­rg agterna om, sê maar, 40 beeste terug te kry wat langs die grootpad gelaai is. Teen 06:00 die oggend moet daardie boere weer op hul plase inval.

Dit is ook nie meer net plase langs die grootpad wat in misdadiger­s se visier is nie. Boere op afgeleë plekke stel byvoorbeel­d San-mense aan om veediefsta­l te bestry. Dié mense patrolleer die plase soms nog met ’n pyl en boog.

Boere het in ’n groot mate opgehou om veediefsta­l by die polisie aan te meld, want te dikwels kom daar dadels van.

Manie wens Vrystaat Landbou geluk met die aanstellin­g van Mientjie Kok, ’n ervare oud-polisievro­u met ’n jare lange bewese rekord in misdaad-intelligen­sie, om die netelige kwessie van veediefste­l aan te pak. Mientjie benadruk dat aanmelding by die polisie bitter belangrik is. Bel haar op 086 199 9300, stuur WhatsApp aan 079 524 5040 of e-pos aan vee@vslandbou.co.za

Sy sê sonder statistiek­e gaan die hulplyn nie genoeg borge behou om voortgesit te word nie. Sy staan ook reg om met die verklaring­s te help.

WAT IS DIE VERSKIL?

Wat is die verskil tussen ’n man wat ’n loterykaar­tjie koop en een wat met sy vrou baklei?

Die man met die loterykaar­tjie het ten minste ’n kans om te wen!

Boere het in ’n groot mate opgehou om veediefsta­l by die polisie aan te meld, want te dikwels kom daar dadels van.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa