Landbouweekblad

SÓ GAAN JAN TAKS JOU MELK

- — JOYLENE VAN WYK, CARIEN KRUGER, LUCILLE BOTHA en NICO VAN BURICK

MNR. TITO MBOWENI het in sy begrotings­rede gesê groter klem sal in die komende boekjaar op belastingi­nvordering geplaas word.

Verhogings in die aksynsbela­sting vir alkohol en tabak sal volgens Mboweni ’n verhoging van R1 miljard in staatsinko­mste meebring.

Belasting op ’n blikkie bier verhoog met 12c tot R1,74, op ’n bottel wyn van 750 ml met 22c tot R3,15, en met 84c op ’n bottel vonkelwyn van 750 ml tot R10,16. Belasting op ’n bottel whiskey styg met R4,54 tot R65,84. Aksynsbela­sting vir sorghumbie­r bly onverander­d.

Mnr. Rico Basson, besturende direkteur van Vinpro, sê dié verhogings is in pas met inflasie en toon groter begrip vir die bedryf se probleme.

“Die wyn- en brandewynb­edryf is tevrede met die inflasionê­re verhogings wat vir hierdie produkte aangekondi­g is. Hierdie verhogings stem ooreen met die beleidsraa­mwerk wat in 2014 ingedien en bespreek is.”

TABAK EN BRANDSTOF

’n Pakkie sigarette se belasting styg met R1,14 tot R16,66, terwyl ’n sigaar met 64c meer belas sal word. Mnr. Francois van der Merwe, voorsitter van die Tabakinsti­tuut van Suid-Afrika, sê dié verhoging is meer as inflasie, en sal sonder daadwerkli­ke stappe om sluikhande­l hok te slaan, eenvoudig bydra tot die sluikhande­l in onwettige sigarette.

Die verhoging van die suikerbela­sting van 2,21c/g vir meer as 4 g suiker per 100 ml, is gedoen “om te voorkom dat die waarde van die belasting weens inflasie

weggevreet word.”

Die brandstofh­effing sal toeneem met 29c per liter petrol en 30c per liter diesel. Wait is bekommerd oor die invloed van die hoër brandstofh­effing op die landbou se insetkoste.

“’n Effense ligpunt is dat die dieselraba­t verhoog word en dat ’n beleidsdok­ument vir die verbeterin­g van die stelsel later vanjaar vir kommentaar gepublisee­r kan word.”

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuu­rder van TLU SA, is ook bekommerd oor die hoër brandstofh­effing “op ’n tydstip dat talle saaiboere vasgevang sit in ’n knypende droogte en weinig, indien enige, kapasiteit oor

het om hul produksiep­rosesse deur te voer”.

KOOLSTOFBE­LASTING

Koolstofbe­lasting sal vanaf 1 Junie 2019 geld en sal saam met brandstofb­elasting R1,3 miljard vir die staatskas inbring. Die moontlikhe­id is ook genoem dat elektronie­se sigarette en verhitting­sprodukte vir tabak in die toekoms belas kan word.

Wait sê hoewel die landbou eers van koolstofbe­lasting vrygestel is, kan die sektor onregstree­ks geraak word deur ’n heffing hiervoor op diesel.

Geld wat deur koolstofbe­lasting geïn word, gaan na die algemene staatskas, en volgens Wait sou dit beter gewees het om dit eenkant te hou om op kwessies te bestee wat met klimaatsve­randering verband hou, wat droogtehul­p kan insluit.

 ??  ?? Mnr. Paul Makube
Mnr. Paul Makube

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa